Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ijwbq artikel 94
  • Wat is Babilon die Grote?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is Babilon die Grote?
  • Antwoorde op Bybelvrae
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe beskou God Babilon die Grote?
  • Wat sal met Babilon die Grote gebeur?
  • Die identiteit van “Babilon die Grote”
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Babilon die Grote—geval en geoordeel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Valse godsdiens se dramatiese einde word voorspel
    Jesaja se profesie—Lig vir die hele mensdom II
  • Die groot stad word verwoes
    Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
Sien nog
Antwoorde op Bybelvrae
ijwbq artikel 94
Babilon die Grote word uitgebeeld as ’n prostituut wat pers en helderrooi klere aanhet en ’n koning omhels. In die agtergrond kroon ’n godsdiensleier die koning.

Wat is Babilon die Grote?

Die Bybel se antwoord

Die boek Openbaring beskryf “’n vrou” wat ’n “groot prostituut” is en ’n naam het wat ’n geheim is: “Babilon die Grote” (Openbaring 17:1, 3, 5). Hierdie vrou verteenwoordig die wêreld se valse godsdienste as ’n groep, dié wat “die waarheid van God verruil [het] vir die leuen” (Romeine 1:25).a Hoewel hierdie godsdienste in baie opsigte van mekaar verskil, lei elkeen van hulle mense op die een of ander manier weg van die aanbidding van die ware God, Jehovah. – Deuteronomium 4:35.

Feite oor die identiteit van Babilon die Grote

  1. Babilon die Grote is ’n simbool. Die boek Openbaring bestaan uit “tekens”, en daarom is dit redelik om tot die gevolgtrekking te kom dat Babilon die Grote ’n simbool is, nie ’n letterlike vrou nie (Openbaring 1:1). Wat meer is, sy ‘sit op baie waters’, wat na “volke en skares en nasies en tale” verwys (Openbaring 17:1, 15). ’n Letterlike vrou sou dit nie kon doen nie.

  2. Babilon die Grote beeld ’n internasionale entiteit af. Sy word beskryf as “die groot stad wat ’n koninkryk oor die konings van die aarde het” (Openbaring 17:18). Haar gebied en invloed strek dus regoor die wêreld.

  3. Babilon die Grote is ’n godsdiensentiteit, nie ’n politieke of kommersiële entiteit nie. Eertydse Babilon was ’n baie godsdienstige stad, wat bekend was vir sy gebruik van spiritistiese “towerspreuke” en vir “towery” (Jesaja 47:1, 12, 13; Jeremia 50:1, 2, 38). Trouens, die inwoners van die stad het valse godsdiens beoefen wat heeltemal in stryd is met die aanbidding van die ware God, Jehovah (Genesis 10:8, 9; 11:2-4, 8). Die hoogmoedige heersers van Babilon het hulleself bo Jehovah en sy aanbidding verhef (Jesaja 14:4, 13, 14; Daniël 5:2-4, 23). Net so is Babilon die Grote bekend vir haar “spiritistiese gebruike”. Dit toon dat sy ’n godsdiensorganisasie is. – Openbaring 18:23.

    Babilon die Grote kan nie ’n politieke entiteit wees nie, want “die konings van die aarde” treur oor haar vernietiging (Openbaring 17:1, 2; 18:9). Sy is ook nie ’n kommersiële mag nie, want die Bybel tref ’n onderskeid tussen haar en “die handelaars van die aarde”. – Openbaring 18:11, 15.

  4. Photograph taken by courtesy of the British Museum

    Grafsteen van die Babiloniese koning Nabonidus met simbole van ’n drie-eenheid wat bestaan uit die gode Sin, Isjtar en Sjamasj

    Babilon die Grote is ’n gepaste simbool van valse godsdiens. Valse godsdiens leer mense nie hoe om nader aan die ware God, Jehovah, te kom nie, maar beïnvloed hulle eerder om ander gode te aanbid. Die Bybel sê dat valse godsdiens “geestelike prostitusie pleeg” (Levitikus 20:6, voetnoot; Eksodus 34:15, 16). Baie valse godsdienste hou aan om oortuigings wat hulle oorsprong in eertydse Babilon het, aan ander te leer, insluitende ’n drie-eenheid, die onsterflikheid van die siel en die gebruik van beelde in aanbidding. Hierdie godsdienste vermeng hulle aanbidding ook met liefde vir die wêreld. Die Bybel verwys na hierdie soort ontrouheid as geestelike egbreuk. – Jakobus 4:4, voetnoot.

    Valse godsdiens se rykdom en die spoggerige vertoon daarvan pas by die beeld wat die Bybel van Babilon die Grote skets, wat “pers en helderrooi klere [aanhet]” en “versier [is] met goud en edelstene en pêrels” (Openbaring 17:4). Babilon die Grote is die bron van “die walglike dinge van die aarde”, oftewel die leringe en dade wat God in werklikheid oneer aandoen (Openbaring 17:5). Die lidmate van valse godsdiens is die “volke en skares en nasies en tale” wat Babilon die Grote ondersteun. – Openbaring 17:15.

Babilon die Grote is verantwoordelik vir die dood “van almal wat op die aarde doodgemaak is” (Openbaring 18:24). Regdeur die geskiedenis het valse godsdiens nie net oorloë veroorsaak en terrorisme aangehits nie, maar ook versuim om mense die waarheid omtrent Jehovah, die God van liefde, te leer (1 Johannes 4:8). Dit het tot baie bloedvergieting bygedra.

Collage: ’n Kerk en ’n pagoda omring deur tonele wat wys hoe valse godsdiens deur die jare oorlog bevorder het. 1. Die Kruistogte. 2. Die Eerste Wêreldoorlog. 3. ’n Ortodokse priester seën ’n soldaat. 4. ’n Pastoor in Afrika moedig stamme aan om teen mekaar te veg. 5. Japannese soldate aanbid die keiser.

Hoe beskou God Babilon die Grote?

In God se oë het Babilon die Grote se “sondes . . . so hoog soos die hemel opgehoop” (Openbaring 18:4, 5). God is kwaad vir valse godsdiens omdat hulle hom verkeerd voorstel en hulle lede mishandel.

Wat sal met Babilon die Grote gebeur?

Die Bybel sê dat ‘God sy oordeel uitgespreek het’ oor Babilon die Grote (Openbaring 18:20). Die Bybel voorspel in simboliese taal dat God ’n einde aan alle valse godsdiens sal maak (Openbaring 18:8). Hy sal ’n helderrooi dier – wat ’n magtige politieke entiteit voorstel – beweeg om teen valse godsdiens te draai en dit heeltemal te vernietig (Openbaring 17:16, 17). “So sal Babilon, die groot stad, met ’n vinnige beweging neergegooi word, en sy sal nooit weer gevind word nie” (Openbaring 18:21). Daarom moet dié wat God gelukkig wil maak, “onder hulle [uitgaan]” en hulle van valse godsdiens afsonder. – 2 Korintiërs 6:14-17.

a Sien die artikel “Hoe kan ek die ware godsdiens vind?”

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel