Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g91 9/8 bl. 28-29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—1991
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Minder publieke steun aan die Spaanse Kerk
  • Mishandelde kinders
  • Skadeliker as kokaïen
  • “Universiteit van die lewe”
  • Geen vrees vir vigs nie
  • ’n “Stradivarius” van plastiek?
  • Oorlog en die speelgoedbedryf
  • Diere in gevaar
  • Afval in die ruimte
  • Afsprake in Indië
  • Katolieke hekse
  • Wat sit agter heksery?
    Ontwaak!—1999
  • Die Europese heksejagte
    Ontwaak!—2014
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1991
  • Hedendaagse speelgoed—Wat leer hulle ons kinders?
    Ontwaak!—1994
Sien nog
Ontwaak!—1991
g91 9/8 bl. 28-29

Ons beskou die wêreld

Minder publieke steun aan die Spaanse Kerk

In Spanje gee die regering steeds finansiële steun aan die Katolieke Kerk. Volgens die dagblad El País van Madrid het die kerk verlede jaar 15 000 000 000 pesetas (R385 000 000) ontvang. ’n Deel van die geld het van belastingbetalers gekom wat in ’n blokkie op hulle belastingvorm gemerk het dat ’n deel van hulle belasting as ’n bydrae aan die Katolieke Kerk gegee moes word. Maar El País het opgemerk dat die aantal belastingbetalers wat gewillig is om so ’n bydrae te maak, afgeneem het. In 1989 het slegs 38 persent van die belasting betalende publiek aangedui dat hulle sulke geld aan die kerk wil skenk. Dit is in ’n land wat kwansuis 100 persent Katoliek is.

Mishandelde kinders

In sommige dele van Suid-Afrika neem kindermishandeling toe. ’n Onrusbarende hoeveelheid mishandelde kinders is baie jonk en nie in staat om hulp te gaan soek nie. Volgens die Cape Times, ’n Kaapstadse koerant, het ’n onlangse opname onder 350 kinders wat weens mishandeling in die hospitaal opgeneem is aan die lig gebring dat “60 persent seksueel misbruik is en 40 persent liggaamlik mishandel is”. Die Cape Times het gesê dat “sowat 90% van die seksueel misbruikte kinders dogtertjies was met ’n gemiddelde ouderdom van ses jaar, terwyl 60% van die liggaamlik mishandelde pasiënte seuntjies was met ’n gemiddelde ouderdom van vyf en ’n half jaar”. In die Rooi Kruis se kinderhospitaal was “’n kwart van al die liggaamlik (nieseksueel) mishandelde kinders (van alle rasse) wat gedurende die afgelope twee jaar behandel is minder as ’n jaar oud”.

Skadeliker as kokaïen

Volgens die Brasiliaanse koerant Jornal da Tarde het 58 jongmense in 1990 in die staat Minas Gerais aan ’n oordosis hoesstroop gesterf. As gevolg daarvan “het die Brasiliaanse regering die verkoop en invoer van vier hoesstrope verbied”, sê die tydskrif Veja. Volgens een deskundige, het Veja bygevoeg, “kan hoesstroop met zipeprol ’n genadeloser dwelm wees as dagga of selfs kokaïen omdat dit onherstelbare skade in ’n baie korter tyd kan veroorsaak”. Die voortdurende gebruik van zipeprol kan die gastroïntestinale stelsel omkrap, asemhaling onderdruk, die blaas verlam en hartversaking veroorsaak.

“Universiteit van die lewe”

Voordat hy in November 1990 Eerste Minister geword het, was John Major Brittanje se Minister van Finansies. Hy het op 16 die skool verlaat en erken self dat hy sy opvoeding aan “die universiteit van die lewe” ontvang het. “Ek ken baie mense wat ’n hoop akademiese kwalifikasies het”, het hy gesê, “en . . . die meeste van hulle is heeltemal nutteloos. Hulle het glad geen gesonde verstand nie. In werklikheid het jy ’n kombinasie van intelligensie en gesonde verstand nodig as jy werklik iets wil bereik, en dikwels is gesonde verstand belangriker.” Hoewel baie mense aanstoot geneem het aan sy opmerkings, het die Londense koerant The Times berig dat ’n voormalige skoolhoof, John Rae, dit met hom eens is: “Akademiese kwalifikasies beteken slegs dat die persoon in daardie betrokke vakgebied bekwaam is, niks meer nie. Party akademici, veral aan die universiteite, is buite voeling met die werklikheid. . . . Ek merk op dat mense sonder kwalifikasies dikwels bekwamer is.”

Geen vrees vir vigs nie

Federale beamptes by die Centers for Disease Control in Atlanta, Georgia, VSA, het hulle verbasing en onsteltenis uitgespreek oor die toename in geslagsomgang onder tienermeisies in die Verenigde State, ondanks die bedreiging van vigs. The Medical Post, ’n Kanadese koerant, sê dat “die waarskynlikheid dat 15-jariges seksueel aktief is, vandag byvoorbeeld meer as vyf keer so groot is as in die geval van hulle portuurs uit die vorige geslag”. Die aantal jong meisies tussen die ouderdom van 15 en 19 wat erken dat hulle al voorhuwelikse geslagsomgang gehad het, het bykans verdubbel. Dit geld veral vir 15-jarige meisies. Volgens The Medical Post “blameer gesondheidskenners die populêre kultuur wat die klem op seksualiteit plaas en die mislukking van seksonderrigaksies in die tagtigerjare vir die stygende syfers”.

’n “Stradivarius” van plastiek?

Volgens mev. Judy Grahame, bemarkingsdirekteur van die Londense Filharmoniese orkes, “bereik elke professionele violis se loopbaan die punt waar hy naastenby £60 000 [R302 500] vir ’n instrument sal moet betaal”. Maar nou, na 20 jaar se navorsing, het ’n 81-jarige Engelsman ’n viool ontwikkel wat hy “’n plastiekviool . . . so goed as ’n Stradivarius” noem. Die viool, wat van grafietvesel en epoksihars gemaak is, is dofswart. Die uitvinder sê dat ’n instrument binne vyf uur vervaardig sal kan word as massaproduksietegnieke en inspuitvorming gebruik word, en dat dit teen ’n kleinhandelsprys van slegs £150 (R743) verkoop sal kan word. “As die nuwe viool so goed is as wat hulle sê”, het mev. Grahame gesê, “sal dit ’n omwenteling in die musiekwêreld teweegbring.” Daar is nou planne wat deur talle patente gerugsteun word om die reeks uit te brei sodat dit die altviool, die tjello en die kontrabas insluit, berig The Daily Telegraph van Londen.

Oorlog en die speelgoedbedryf

Aangewakker deur die televisienuusdekking van die Persiese Golf-oorlog het verkope van oorlogspeelgoed in Japan verdriedubbel en selfs vervierdubbel. Die koerant The Daily Yomiuri sê dat “die oorvloedige mediadekking van die Golf-oorlog kinders en volwassenes wat jonk van gees is na speelgoedwinkels gestuur het om plastiekmodelle te kry van vliegtuie en tenks wat deur die geallieerde magte teen Irak gebruik is”. Die gewildste oorlogspeelgoed is modelle van die radar-ontduikende Stealth-bomwerper, die F-15-Eagle-vegvliegtuig, die M-1-Abrams-tenk en die Apache-helikopter. Party mense in die speelgoedbedryf is bang dat die toename in verkope die bedryf “’n negatiewe beeld van oorlogstokery” sal gee.

Diere in gevaar

Die Omgewingskomitee van China se Staatsraad het onlangs onthul dat “wilde diere in China al hoe minder word as gevolg van roekelose jaggewoontes en dat talle skaars diere gevaar loop om uit te sterf”. Nadat ’n groep inspekteurs onlangs ’n aantal restaurante, markte, hawens en private ondernemings in die provinsie Kwangtung ondersoek het, het hulle gevind dat skaars diere nog steeds daar doodgemaak en verkoop word. Volgens die tydskrif China Today het die “provinsiale departement van bosbou berig dat 1286 skaars diere, met inbegrip van die reuse-akkedis, die miervreter, die reusesalamander, die aap en die sivetkat in 11 van die provinsie se stede doodgemaak, verkoop of daarmee gesmokkel is”. Die tydskrif China Environmental News sê dat ‘sommige mense, waaronder party amptenare, nie heeltemal begryp waarom dit so belangrik is om wilde diere te beskerm nie. Hulle meen dat enigiemand wilde diere kan jag omdat hulle aan niemand behoort nie.’

Afval in die ruimte

Wetenskaplikes is besorg oor die toenemende hoeveelheid mensgemaakte afval wat om die aarde wentel. ’n Botsing tussen ’n ruimtetuig en sulke afval kan die dood van die ruimtevaarders veroorsaak of ruimtereise op ander maniere in gevaar stel. Navorsers skat dat sowat 7 000 voorwerpe wat groter as ’n tennisbal is en ongeveer 3,5 miljoen kleiner voorwerpe in die ruimte ronddryf. “Selfs stukkies verf kan skade veroorsaak wanneer hulle teen ’n snelheid van tot 60 000 km/h” deur die ruimte vlieg, berig The German Tribune in ’n vertaling van ’n artikel wat in die Münchense koerant Süddeutsche Zeitung verskyn het. Al hoe meer stukke mensgemaakte afval wat om die aarde wentel en met mekaar bots, kan “’n ring van kosmiese stof om die Aarde, soos die ringe van Saturnus”, tot gevolg hê.

Afsprake in Indië

Afsprake word al hoe gewilder in Indië, en dit lyk of party mense dit nou as iets alledaags aanvaar. Om ’n paartjie te sien wat loop en hande vashou, sê die tydskrif India Today, was ’n dekade gelede “asof jy ’n skaars voëlsoort gesien het. Deesdae is hulle so volop soos mossies.” Paartjies wat uitgaan, kan op openbare strande, in parke, in rolprentteaters en by kitskosplekke gesien word. Die openbare vertoon van intimiteit is algemener. Party mense skryf hierdie verandering in die Indiese gemeenskap toe aan portuurdwang by die skole en kolleges en aan die geweldige toename in rolprente en televisieprogramme met eksplisiete sekstonele.

Katolieke hekse

Towery word vir baie Mexikane ’n deel van hulle daaglikse lewe. Die weekblad Siete Días sê dat baie mense die hulp van hekse opsoek om ’n verskeidenheid probleme soos hoofpyne, verkoues en werkverwante en romantiese probleme op te los. Die suidelike en sentrale state van Veracruz, Oaxaca, Morelos en Michoacán is bekend vir hulle hekse. Die tydskrif Siete Días sê dat “towery in Mexiko uit die tyd van die Asteke dateer. Met die aankoms van die Spanjaarde het hekse en genesers Europese tradisies, soos Katolisisme, by hulle gebruike ingelyf.” Een bekende heks in La Petaca ontvang haar klante in ’n vertrek “wat vol standbeelde is van die Maagd van Guadalupe en van Jesus, foto’s van Johannes Paulus II en brandende kerse”.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel