Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 4/22 bl. 32
  • Waardering vir die Ontwaak!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waardering vir die Ontwaak!
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 4/22 bl. 32

Waardering vir die Ontwaak!

HONDERDE briewe is ontvang uit waardering vir die Ontwaak! van 22 Augustus 1992, wat die onderwerp “Chroniese moegheidsindroom—Hoe om daarmee saam te leef” bespreek het. ’n Mediese dokter van Tennessee, V.S.A., het verlede somer geskryf:

“Op 22 en 23 Augustus het ek vir twee verskillende groepe in Suid-Kalifornië lesings gehou. My onderwerp was: Chroniese moegheidsindroom.

“Een van die mense wat die bespreking in Pasadena bygewoon het, het my ’n eksemplaar van die Ontwaak! van 22 Augustus 1992 gegee en ek het die hoofartikel ’n paar keer gelees. Ek skryf om julle te prys vir julle uitstekende dekking van hierdie siekte wat steeds raaiselagtig is en dikwels verkeerd verstaan word. Dit was beslis die beste artikel wat ek nog oor die onderwerp gelees het—en ek het al tientalle van hulle gelees.”

In Oktober het een van Jehovah se Getuies van Illinois, V.S.A., wat aan die siekte ly, verduidelik: “Wel, sedert vanmôre het ek al 319 tydskrifte met die artikels oor chroniese moegheidsindroom versprei. Ek het hulle onder aptekers, klerke in gesondheidswinkels, bloedbankwerkers, verpleegsters en personeellede van die mediese biblioteek versprei.

“Mediese groepe het eksemplare vir dokters geneem. Die personeellede waarmee ek gepraat het, het gesê hulle sou seker maak dat die dokters hulle eksemplaar kry. Party het selfs my telefoonnommer gevra in geval hulle nog meer tydskrifte sou nodig kry.”

Jehovah se Getuies, wat ’n internasionale organisasie van meer as viermiljoen Bybelstudente uitmaak, is die uitgewers van die Ontwaak! Die tydskrif doen baie meer as om aan lesers te toon hoe om vandag se probleme die hoof te bied. Dit bou ook vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld. Jehovah se Getuies lê hulle daarop toe om mense te help om meer omtrent God se voornemens te leer.

As jy graag meer inligting of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf gerus aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of aan die gepaste adres op bladsy 5.

[Prent op bladsy 32]

Ontwaak!

Chroniese moegheidsindroom

Hoe om daarmee saam te leef

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel