Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 11/8 bl. 32
  • “Hulle beur my altyd op”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Hulle beur my altyd op”
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 11/8 bl. 32

“Hulle beur my altyd op”

“EK HET nog nooit aan julle geskryf nie, maar ek moes julle eenvoudig bedank vir al die uiters aangrypende en gepaste artikels wat julle in Die Wagtoring en die Ontwaak! publiseer.

“Ek lees hierdie tydskrifte al sedert 1974, en hulle was van die staanspoor af ’n bron van onderrig, verryking en vreugde. Hulle beur my altyd op. Ek ly aan depressie, en as ek eenvoudig een van dié tydskrifte vat en lees, verbeter my gemoedstemming aansienlik. Dit het al dikwels gebeur dat ’n artikel my gehelp het om my verhouding met ander te verbeter en meer begrip te betoon. Hulle het my gehelp om myself te verstaan.

“Daar was die afgelope jaar soveel artikels wat vir my gepas was, veral dié oor ‘Vroue verdien respek’ [Ontwaak! 8 Julie 1992] en die wat hulp vir alkoholiste en hulle gesinne bied [Ontwaak! 22 Mei 1992]. Ek het onlangs my ma deur die dood verloor, en die reeks met die titel ‘Wanneer ’n geliefde sterf’ [Ontwaak! 22 Julie 1992] het my baie gehelp.

“J. A., Noord-Carolina, VSA.”

As jy graag meer inligting oor hierdie Bybelgebaseerde tydskrifte wil hê, tree asseblief in verbinding met Jehovah se Getuies by jou plaaslike Koninkryksaal, of skryf aan die adres naaste aan jou op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel