Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g93 11/22 bl. 32
  • Hulp op die regte tyd

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp op die regte tyd
  • Ontwaak!—1993
Ontwaak!—1993
g93 11/22 bl. 32

Hulp op die regte tyd

’n Vrou het aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Australië geskryf om hulle te bedank vir die Ontwaak! oor “Hoe die letsels van kindermolestering genees kan word”. Sy het verduidelik:

“Toe ek 12 was, is ek gereeld deur my ma se kêrel seksueel misbruik. Ek het geweet dat dit verkeerd is. Maar op daardie tydstip het ek gedink dat ek stout was en iets vreesliks gedoen het en dat dit God se manier was om my te straf. My hart het ineengekrimp by die gedagte daaraan om hierdie man te besoek, want ek het baie goed geweet wat sou gebeur. Maar ek moes gaan, want my ma het vir geld toegestem dat hy my gebruik om sy perverse fantasieë uit te leef. Hoe kon my ma my so verstoot? Ek het geleer om my emosies af te skakel en het verbitterd teenoor die lewe en God geword.

“Dit was eers in 1992 dat ek met een van Jehovah se Getuies gesels het. Ek het baie dinge geleer. Die belangrikste is dat Jehovah God ons almal liefhet en dat hy my nie gestraf het nie.

“Met hierdie brief wil ek julle dus bedank vir julle Ontwaak!-artikels oor die ‘Letsels van kindermolestering’ in die nommer van 8 Oktober 1991.

“Ek het my lewe aan Jehovah toegewy en is van plan om volgende jaar gedoop te word.”

In ’n kwessie van twee maande het Ontwaak! meer as duisend dankbetuigingsbriewe vir net die bogenoemde nommer van die Ontwaak! ontvang. Die Ontwaak! toon nie slegs hoe lesers hulle hedendaagse probleme die hoof kan bied nie, maar, nog belangriker, dit bou vertroue op in die Skepper se voorsiening om deur Jesus se losprysofferhande ’n vreedsame en veilige nuwe wêreld tot stand te bring waar alle euwels uitgewis sal word. As jy graag meer inligting oor daardie nuwe wêreld of ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740 of na die gepaste adres op bladsy 5.

[Prente op bladsy 32]

Awake!

Awake!

Awake!

Children UNDER STRESS How Can They Be Helped?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel