Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g95 12/8 bl. 32
  • Dit ‘het al my vrae beantwoord’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Dit ‘het al my vrae beantwoord’
  • Ontwaak!—1995
Ontwaak!—1995
g95 12/8 bl. 32

Dit ‘het al my vrae beantwoord’

’n Leser van Kentucky, VSA, het aangaande die reeks “’n Beter begrip van die menopouse” in die Ontwaak! van 22 Februarie 1995 geskryf: “Ek het onlangs ’n drie uur lange seminaar oor hierdie onderwerp bygewoon. Dit is deur die opvoedkundige departemente van twee groot hospitale aangebied. Die program was baie leersaam, maar ek het binne 30 minute meer geleer deur die Ontwaak! te lees as wat ek in drie uur by die seminaar geleer het (en dit het nie $15 [R55] gekos nie).”

’n Ander leser van die Ontwaak! het gesê: “Gedurende die afgelope drie jaar het ek ’n klomp boeke en artikels oor die menopouse gelees. Ek het altyd agterna onbeantwoorde vrae gehad. Julle artikels het al my vrae aangaande hierdie onderwerp beantwoord.”

Die Ontwaak! voorsien inligting wat sy lesers help om hedendaagse probleme die hoof te bied. Bowenal bou dit vertroue op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame nuwe wêreld. As jy graag meer inligting wil hê oor die opvattings en bedrywighede van Jehovah se Getuies, die uitgewers van hierdie tydskrif, kan jy gerus met hulle in aanraking kom by hulle plaaslike Koninkryksaal of na die naaste adres op bladsy 5 skryf.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel