Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 8/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe God vir die dowes sorg
    Nog onderwerpe
  • ’n Taal wat jy sien!
    Ontwaak!—1998
  • Waardeer jou dowe broers en susters!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Die dowes loof Jehovah
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—1997
g97 8/22 bl. 30

Van ons lesers

Gyselaars Ek is ’n gevangene wat nog twee jaar van my vonnis moet uitdien. Ek het die artikel “Ons was gyselaars gedurende ’n opstand in ’n gevangenis” (8 November 1996) twee keer gelees. Elke keer het ek trane van vreugde in my oë en ’n knop in my keel gekry. Ek sien altyd uit na die besoeke van Jehovah se Getuies aan hierdie gevangenis. Dit is baie opbeurend!

J. K., Verenigde State

Ek het nog nooit tevore aan julle geskryf in verband met ’n artikel nie, maar die artikel oor die gyselaars was baie geloofversterkend. Dit het my die hernieude versekering gegee dat Jehovah wel sy volk versterk wanneer hulle in nood verkeer.

K. D., Verenigde State

Leiding Ek het die artikel “Die Bybelse beskouing: Op wie se leiding kan jy vertrou?” (8 November 1996) werklik geniet. Dit was baie vertroostend en bemoedigend vir my. Soos soveel ander is ek al in die verlede erg teleurgestel wanneer mense op wie ek vertrou het vir leiding my in die steek gelaat het. Die illustrasie van ’n kind wat sy pa se hand vashou, het sommer trane na my oë gebring. Dit is so bemoedigend om te weet dat Jehovah in Jesaja 41:13 sê dat hy ‘die hand sal vat’ van sy knegte.

M. S., Verenigde State

Ek is 17 jaar oud en het in die laaste tyd baie probleme ondervind. ’n Vriend het gesê dat ek moet bid en iets geesteliks moet lees. Nadat ek die artikel “Op wie se leiding kan jy vertrou?” gelees het, het ek besluit om nie moed op te gee nie, maar om die hand van my hemelse Vader selfs stewiger vas te gryp!

C. G., Verenigde State

Gebaretaal Baie dankie vir die artikel “Om met my kind te kommunikeer, het ek ’n ander taal geleer” (8 November 1996). Ek is ’n enkelmoeder met ’n 24-jarige dowe seun. Ek weet dus uit persoonlike ondervinding wat Cindy Adams deurgegaan het en ek het groot respek vir wat sy bereik het.

H. B., Duitsland

Die artikel het my beweeg om gebaretaal te begin leer sodat ek die Bybel se boodskap aan dowe mense kan oordra en ook met broers in die gemeente met gehoorgebreke kan kommunikeer.

B. L., Venezuela

Ek het die Bybel met ’n dowe tienderjarige meisie gestudeer. Ten spyte van die feit dat ons albei slegs ’n basiese kennis van gebaretaal het, het ons baie by mekaar geleer. Toe ek lees van Cindy Adams se vasbeslotenheid om die taal ter wille van haar seun te leer, het dit my aangespoor om mý vaardigheid in hierdie pragtige taal te verbeter sodat ek die goeie nuus van die Bybel aan dowe mense in ons omgewing bekend kan maak.

S. T., St. Martin, Nederlands-Antille

Ek het ook ’n kind met ’n gehoorgebrek, en ons het op die mondelinge manier van kommunikasie besluit. Hierdie metode is toegespits op spraakontwikkeling en liplesery. Dit was ’n goeie keuse vir my seun. Aanvanklik het hy baie min baat gevind by die gemeentelike vergaderinge. Maar nou kan hy goed volg wanneer ek en ander mondelings vir hom tolk. Hy hou toesprake in die Teokratiese Bedieningskool en is ’n ongedoopte verkondiger. Die baie jare se werk was die moeite werd. Ons ondervinding toon dat Amerikaanse gebaretaal of die mondelinge metode voordelig kan wees so lank as wat die ouers en plaaslike gemeente hard werk om die kind aan te moedig en met hom kommunikeer.

M. T., Verenigde State

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel