Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g97 10/22 bl. 32
  • Hy waardeer werklik Die Wagtoring

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hy waardeer werklik Die Wagtoring
  • Ontwaak!—1997
Ontwaak!—1997
g97 10/22 bl. 32

Hy waardeer werklik Die Wagtoring

“Al is ek ’n Katoliek”, het ’n graad ses-leerling van Toledo, Ohio, VSA, geskryf, “wil ek graag ’n intekening op julle uitstekende tydskrif hê. Trevor het my belangstelling in Die Wagtoring gaande gemaak. Hy sit langs my in die klas. Ons is nou al amper ’n jaar lank maats, en hy het my baie dinge van Jesus, Jehovah en Jehovah se Getuies geleer.

“Ek en Trevor is ewe oud en ewe lank, en hy is baie toegewyd aan sy godsdiens. Hy ontvang ’n intekening op Die Wagtoring en het my een van sy tydskrifte geleen. Ek het gehou van die goeie artikels wat julle skryf. Ek hoop julle sal my toelaat om ’n intekening op julle tydskrif te ontvang al is ek nie een van Jehovah se Getuies nie.”

Mense van baie nasionaliteite en godsdienste regoor die wêreld geniet dit om Die Wagtoring en sy medetydskrif, die Ontwaak!, gereeld te lees. Verlede jaar alleen is daar meer as 900 miljoen eksemplare van hierdie twee tydskrifte in meer as 120 tale gedruk!

Jy kan ook daarby baat vind om Die Wagtoring en Ontwaak! gereeld te lees. As jy graag meer inligting wil hê oor hoe jy ’n eksemplaar kan bekom of as jy ’n gratis tuisbybelstudie wil hê, kan jy gerus skryf aan Wagtoring, Privaatsak X2067, Krugersdorp, 1740, Suid-Afrika of na die gepaste adres op bladsy 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel