Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 3/8 bl. 32
  • Beïndruk deur die tydskrifte se objektiwiteit

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Beïndruk deur die tydskrifte se objektiwiteit
  • Ontwaak!—2001
Ontwaak!—2001
g01 3/8 bl. 32

Beïndruk deur die tydskrifte se objektiwiteit

’N UNIVERSITEITSPROFESSOR in Spanje het aan die takkantoor van die Wagtoringgenootskap in sy land geskryf om waardering vir die Ontwaak! uit te spreek. Hy het verduidelik:

“Onlangs is twee eksemplare van julle tydskrif die Ontwaak! by my gelaat. Ek het gevind dat hulle baie interessante artikels oor verskeie onderwerpe bevat. Ek behoort nie aan enige godsdiensgroep nie, maar ek besef dat hierdie publikasie objektief is. Die aanbieding is ook pragtig, en dit bespreek onderwerpe vanuit ’n onbevooroordeelde en wetenskaplike oogpunt. Ek wens julle geluk met julle poging.”

In baie van die artikels voer die Ontwaak! ’n reeks bewyse vanuit verskillende wetenskappe aan om die lesers te help om ingeligte gevolgtrekkings te maak. Hierdie benadering word ook gebruik in die brosjure met 32 bladsye Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? Onder die onderhofies “Het die lewe per toeval ontstaan?” en “Ontwerp vereis ’n ontwerper” word tersaaklike bewyse byvoorbeeld voorsien deur gesaghebbende bronne op die gebied van die sterrekunde, mikrobiologie en natuurkunde.

Jy kan hierdie brosjure, Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind?, aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wat is die doel van die lewe? Hoe kan jy dit vind? by my af. Dui taalvoorkeur aan.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

Spiraalsterrestelsel: Courtesy of Anglo-Australian Observatory, photograph by David Malin

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel