Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 5/8 bl. 32
  • ‘Leersaam en insiggewend’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ‘Leersaam en insiggewend’
  • Ontwaak!—2001
Ontwaak!—2001
g01 5/8 bl. 32

‘Leersaam en insiggewend’

Dit is hoe ’n 26-jarige man in die hooglande van Papoea-Nieu-Guinee die Ontwaak! beskryf het.

In ’n brief aan die plaaslike takkantoor het hy geskryf: “Ek wil julle gelukwens met die uitstekende, feitelike, leersame en insiggewende artikels wat julle oor onderwerpe in julle gewilde tydskrif die Ontwaak! druk.” Die man het verduidelik: “Hoewel ek nie aan die geloof van Jehovah se Getuies behoort nie, geniet ek dit terdeë om nommers van die Ontwaak! te lees, wat ek by vriende leen. . . . Elke keer as ek ’n tydskrif lees, wil ek skryf om julle vir julle waardevolle werk te prys. Maar wanneer ek op die punt staan om dit te doen, kom nog ’n tydskrif en hou dit my weer besig.”

Hierdie waarderende leser het afgesluit: “Na my mening is die Ontwaak! werklik nuttig vir enigiemand wat kan lees. Ek wil uit die diepte van my hart vir julle baie, baie dankie sê.”

Die Ontwaak! bevat inligting oor baie onderwerpe. Bowenal bou dit geloof op in die Skepper se belofte van ’n vreedsame nuwe wêreld wat die huidige stelsel van dinge sal vervang.

Die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons? beklemtoon hierdie voorneme van God en gee inligting uit die Bybel om te toon wat ons moet doen om sy goedkeuring te verkry. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel