Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 7/22 bl. 32
  • Wêreldeenheid—nie net ’n droom nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wêreldeenheid—nie net ’n droom nie
  • Ontwaak!—2001
Ontwaak!—2001
g01 7/22 bl. 32

Wêreldeenheid—nie net ’n droom nie

’n Man in die staat Kerala, Indië, het aan die uitgewers van hierdie tydskrif geskryf: “Die Ontwaak! munt beslis uit bo alle ander tydskrifte. Ek dink daar is feitlik geen onderwerp wat dit nog nie bespreek het nie. Ek geniet dit veral om artikels oor die natuur te lees.”

Die man hou om ’n spesifieke rede van die Ontwaak! en verduidelik: “Ek dink nie daar is nog ’n tydskrif soos die Ontwaak! wat mense van verskillende nasionaliteite help om hulleself as broers te beskou nie. Geen ander tydskrif bevorder die idee van wêreldeenheid soos die Ontwaak! nie. Ek lees baie tydskrifte, en wanneer ek hulle met mekaar vergelyk, kan ek vir seker sê dat die Ontwaak! ’n waardevolle tydskrif is.”

Die leser se opmerkings oor die Ontwaak! is in ooreenstemming met die voorneme daarvan wat op bladsy 4 van elke nommer uiteengesit word, naamlik: ‘Dit bly altyd neutraal wat die politiek betref en verhef nie een ras bo ’n ander nie.’ Bowenal rig die Ontwaak! lesers na ons Skepper vir antwoorde op die noodsaaklike vrae omtrent die lewe.

Die brosjure met 32 bladsye Wat vereis God van ons? doen dit ook. Van die 16 lesse daarin is: “Wie is God?” “Wat is God se voorneme met die aarde?” en “Wat is die Koninkryk van God?” Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Wat vereis God van ons? by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel