Trots op haar pa
‘DIT het my selfs trotser op my pa gemaak!’ het ’n 12-jarige meisie in ’n brief aan die Indiese takkantoor van Jehovah se Getuies gesê. Sy het verwys na die berig “Vaders wat belangstelling toon, het gelukkiger seuns” in “Ons beskou die wêreld” in die Ontwaak! van 22 Augustus 1999. Dit het berig gelewer oor die gevolgtrekking van een studie dat seuns wie se vaders persoonlike belangstelling in hulle toon, volwassenes word wat vol selfvertroue en hoop is.
Die meisie sê dat sy dankbaar is dat sy en haar tweelingsuster ’n vader het wat soveel persoonlike belangstelling in hulle toon. Sy het gesê dat sy van die manier hou waarop die Ontwaak! berig lewer oor wêreldgebeure, en sy voeg by dat “dit ’n baie nuttige tydskrif vir vandag se skoolkinders is”.
Om besorgde gesinne te help om die unieke probleme die hoof te bied waarmee die mensdom vandag te kampe het, het Jehovah se Getuies die boek met 192 bladsye, Die geheim van gesinsgeluk, gepubliseer. Dit gee nuttige leiding vir elke gesinslid—mans, vroue, ouers, kinders, grootouers—ja, aan almal. Sommige van die leersame hoofstukke daarin is “Voed jou kind van kleins af op”, “Help jou tiener om te floreer”, “Beskerm jou gesin teen verderflike invloede” en “Handhaaf vrede in julle huisgesin”.
Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos. Jy sal spesifieke wenke ontvang wat jou kan help om probleme op te los sowel as om die gesinslewe so gelukkig te maak soos die Skepper wou hê dit moet wees.
□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.