Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 2/22 bl. 32
  • Hoe hy die eerste prys gewen het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe hy die eerste prys gewen het
  • Ontwaak!—2002
Ontwaak!—2002
g02 2/22 bl. 32

Hoe hy die eerste prys gewen het

’n Jong persoon het aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in Lusaka, Zambië, geskryf om sy waardering vir die Ontwaak! uit te spreek. Hy het verduidelik dat hy danksy hierdie tydskrif die eerste prys ontvang het in ’n skryfkompetisie vir hoërskoolleerlinge. Die leerlinge is die titel “Die ruimtewedloop—die wêreld se grootste vermorsing van geld” gegee en aangesê om navorsing oor die onderwerp te doen. Hy het verduidelik:

“Dit het my nie lank geneem om die Ontwaak! van 8 September 1992 te vind nie. Die tydskrif het die inligting bevat waarna ek gesoek het. Ek het ook uittreksels uit ander nommers van die Ontwaak! gebruik.” Die eerste prys wat die jong persoon ontvang het, het ’n tjek vir R675 ingesluit. Hy het met waardering gesê: “Vir baie mense is die Ontwaak! ’n eersteklas tydskrif.”

Wanneer mense regoor die wêreld na die ruimteprogram kyk—wat planne van regerings insluit om hulle grondgebiede teen aanvalle te beskerm—wonder baie of daar ooit ’n wêreld sonder oorlog sal wees. Hierdie vraag is die titel van ’n brosjure met 32 bladsye wat kragtige bewyse lewer dat so ’n wêreld ’n werklikheid sal word. Maar hoe en wanneer?

Ons nooi jou om Will There Ever Be a World Without War? te lees. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure Will There Ever Be a World Without War? by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel