’n Boek wat huwelike kan help red
’N VROU MET DIE NAAM LESLIE, in Louisiana, VSA, het verlede jaar ’n telefoonoproep ontvang van ’n verteenwoordiger van die Tulane-universiteit. Die verteenwoordiger het gesê dat die Tulane-universiteit, sowel as ’n ander universiteit, ’n opname doen onder pasgetroude paartjies in Louisiana.
Nadat die vrou ingestem het om aan die opname deel te neem, het sy ’n vraelys ontvang, dit ingevul en teruggestuur saam met ’n eksemplaar van die boek Die geheim van gesinsgeluk. Sy het verduidelik dat sy en haar man Jehovah se Getuies is en dat hulle voor hulle troue hierdie boek saam bestudeer het.
’n Paar weke later het sy ’n brief van die projekbestuurder ontvang, waarin hy geskryf het: “Ons hoop van harte dat paartjies soos jy en jou man ons kan leer wat nodig is om sterk en gelukkige huwelike te bou. Die feit dat julle van sulke verskillende agtergronde kom, is betekenisvol, want dit plaas dikwels druk op ’n huwelik. Maar julle voorbereiding vir die huwelik, veral met materiaal soos die boek wat julle gestuur het, sal julle in staat stel om enige verskille wat ontstaan, die hoof te bied. En natuurlik is ’n godsdienstige grondslag vir ’n huwelik die belangrikste. Julle is gelukkig dat julle albei sterk geloof en vertroue in God se hulp het.
“Ek het die boek wat jy my gestuur het, op my lessenaar gesit, en ek wys dit nou vir my studente wanneer hulle my raad oor die huwelik vra. Ek het nog nooit hierdie spesifieke boek gesien nie, maar dit is eenvoudig wonderlik.”
Ons glo dat jy ook sal vind dat hierdie boek van onskatbare waarde is. Jy kan jou eie eksemplaar ontvang deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na ’n gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos. Jy sal spesifieke wenke kry wat ’n mens kan help om probleme op te los en wat die gesinslewe so aangenaam kan maak soos die Skepper wou gehad het dit moet wees.
□ Lewer asseblief die boek Die geheim van gesinsgeluk by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.