’n Sterrekundeonderwyseres is beïndruk
Beïndruk waarmee? Met die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? ’n Onderwyseres het uit Nowo-Sakmarsk, Rusland, na die takkantoor in daardie land geskryf. Sy het meer inligting gevra en verduidelik:
“’n Paar dae gelede het ek een van my ou kennisse raak geloop, en ek het na haar huis toe gegaan. Daar het ek ’n baie interessante, mooi boek op haar boekrak gesien. Ek het belanggestel in die titel—Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?—maar selfs nog meer in die prent op die voorblad. Ek is ’n fisika- en sterrekundeonderwyseres. Toe ek deur die boek kyk, was ek beïndruk met die skat van kennis wat dit bevat. Ons familie het drie geslagte lank nie oor godsdiens gepraat nie. My oumagrootjie was godsdienstig, maar my ouma was ’n Kommunis, en hulle (die Kommuniste) het nie in ’n Skepper geglo nie.
“As ’n sterrekundeonderwyseres is ek verplig om kinders van die verskillende hipoteses oor die begin van die heelal te vertel. Ek het julle boek deurgelees en toe besluit om ’n brief aan julle te skryf met my adres. . . . Ek het selfs gevra om ’n Bybel te leen sodat ek dadelik die tekste kon lees.
“Baie dankie vir hierdie boek! Miskien is ek laat met hierdie brief, want die boek is in 1998 vrygestel, maar ek hoop dat dit nog moontlik is om inligting van julle te kry.”
Ons is bly om te sê dat jy ook hierdie boek met 192 bladsye kan aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.
[Foto-erkenning op bladsy 32]
J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA