“Ek wil meer oor Jehovah uitvind”
Dit is wat die 12-jarige Miki in Japan geskryf het nadat sy die brosjure A Satisfying Life—How to Attain It gestudeer het. “Toe ek die woorde ‘Satisfying Life’ sien”, het sy in ’n brief aan die uitgewers geskryf, “het ek gedink dat dit net raad bevat oor hoe om ’n bevredigende lewe te geniet. Maar terwyl ek hierdie brosjure bestudeer het, het ek besef dat dit ’n mens ook van God se grootsheid leer. Ek het dit geniet om meer uit te vind oor God se grootsheid en wat ’n mens moet doen om ’n bevredigende lewe te hê. Noudat ek dit klaar gestudeer het, het ek ’n sterk begeerte om meer oor God te leer en ’n bevredigende lewe te lei. Ek wil vir julle baie dankie sê vir hierdie brosjure.”
As jy graag die brosjure A Satisfying Life—How to Attain It wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.
□ Lewer asseblief die brosjure A Satisfying Life—How to Attain It by my af.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.