Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 7/8 bl. 10-11
  • ’n Realistiese oplossing—Is dit moontlik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Realistiese oplossing—Is dit moontlik?
  • Ontwaak!—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Verandering van denke en hart nodig
  • Jy kan nou reeds voordele geniet
  • ’n Misdaadvrye wêreld is op hande!
    Ontwaak!—1998
  • Toe daar geen misdaad was nie
    Ontwaak!—1998
  • “Die woord van God is lewend en kragtig”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • “Die woord van God is lewend”
    Die Bybel—God se woord of die mens s’n?
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 7/8 bl. 10-11

’n Realistiese oplossing—Is dit moontlik?

DIT lyk of misdaad ’n permanente deel van die moderne samelewing is. Ondanks die welmenende pogings van maatskaplike werkers, geregsdienaars en rehabilitasiedeskundiges word die wêreld ’n gevaarliker plek. Is daar ’n oplossing?

Die Bybel toon dat ’n groot verandering op hande is. Dit sal nie deur die pogings van menseregerings meegebring word nie. Alle menseheersers het beperkings, ongeag hoe edel hulle doelwitte is. Hulle het eenvoudig nie die mag en middele om ontslae te raak van die oorsaak van misdaad of om ’n stelsel tot stand te bring wat blywende veiligheid kan verseker nie.

Die verandering waarvan die Bybel praat, sal deur ons Skepper teweeggebring word. As die Skepper van die heelal het hy die mag en die wetlike reg om te doen wat mense nie kan doen nie. Die Bybel beskryf hom as “die Een wat hoë amptenare tot niks maak, wat die regters van die aarde tot ’n blote onwerklikheid gemaak het . . . omdat hy sterk in krag is” (Jesaja 40:23-26). Watter veranderinge belowe God, en hoe gee dit ons ware hoop op ’n beter wêreld?

Psalm 37:10 vertel ons van God se belofte: “Nog net ’n klein rukkie en die goddelose sal daar nie meer wees nie; en jy sal beslis ag gee op sy plek, en [die goddelose] sal daar nie wees nie.” Dit is God se voorneme om ontslae te raak van verstokte goddeloses wat nie wil verander nie. Maar hy sal nie alle mense vernietig nie. Vir diegene wat gewillig is om sagmoedig, nederig en vredeliewend te word, belowe die psalmis: “Hoop op Jehovah en hou sy weg, en hy sal jou verhef om die aarde in besit te neem. Wanneer die goddeloses uitgeroei word, sal jy dit sien.” Met die goddeloses uit die pad sal diegene wat oorbly ’n “oorvloed van vrede” geniet—’n wêreld vry van alle soorte misdaad.—Psalm 37:11, 34.

Verandering van denke en hart nodig

Die misdaadprobleem sal nie eens en vir altyd opgelos word deur bloot die goddelose te vernietig en goeie mense te red nie. Misdaad is dikwels die gevolg wanneer mense se denke en harte nie behoorlik opgelei is nie. In hierdie opsig sal God se regering egter ander regerings oortref. Praktiese onderrigting sal gegee word om mense op te lei sodat hulle regverdigheid sal liefhê. Jesaja 54:13 sê: “Al jou kinders sal persone wees wat deur Jehovah geleer word, en die vrede van jou kinders sal oorvloedig wees.”

Die resultate sal werklik bevredigend wees! Die Bybel gebruik beeldspraak om die veranderinge in mense te beskryf wat dalk voorheen dierlike eienskappe geopenbaar het. Dit sê: “Die wolf sal ’n ruk by die lam bly, en die luiperd sal by die boklam gaan lê, en die kalf en die jong maanhaarleeu en die vetgevoerde dier almal bymekaar.” Waarom? “Want die aarde sal beslis vol wees van die kennis van Jehovah soos die waters die see bedek” (Jesaja 11:6, 9). Maar jy en jou gesin hoef nie vir die toekoms te wag om sulke veranderinge te geniet nie. Hoe so?

Jy kan nou reeds voordele geniet

Daar is mense wat nou die veranderinge aanbring wat nodig is om vir ’n misdaadvrye wêreld voor te berei. Hulle beklee hulle alreeds met ’n nuwe persoonlikheid, die soort persoonlikheid wat God in mense wil hê wat in sy nuwe wêreld gaan lewe (2 Petrus 3:13). Hulle doen dit deur Bybelbeginsels in hulle lewe toe te pas. Let op watter interessante beskrywing die Bybel gee: “Julle [moet] vernuwe . . . word in die krag wat julle verstand aandryf en julle met die nuwe persoonlikheid . . . beklee, wat na God se wil in ware regverdigheid en lojaliteit geskep is.”—Efesiërs 4:23, 24.

Kolossense 3:12-14 gee ’n verdere beskrywing van die goeie eienskappe wat talle opregtes van hart nou aankweek. Dit sê: “Beklee julle dan, as God se uitverkorenes, heilig en gelief, met die tere geneenthede van medelye, goedhartigheid, ootmoed, sagmoedigheid en lankmoedigheid. Hou aan om mekaar te verdra en mekaar vryelik te vergewe as iemand rede tot klagte teen ’n ander het. Net soos Jehovah julle vryelik vergewe het, so moet julle ook doen. Maar beklee julle, benewens al hierdie dinge, met liefde, want dit is ’n volmaakte band van eenheid.”

Wil jy graag hulp ontvang om jou met die nuwe Christelike persoonlikheid te beklee? Miljoene mense regoor die wêreld doen dit reeds met die hulp van Jehovah se Getuies. By vergaderinge wat gereeld in Koninkryksale gehou word, en by groot byeenkomste, het selfs mense wat gewelddadige misdadigers was, geleer hoe om hulle met ’n vredeliewende persoonlikheid te beklee.a Tree gerus met die uitgewers van hierdie tydskrif in verbinding as jy voordeel wil trek uit hierdie uitstekende Bybelonderrigtingsprogram. Hulle sal jou met graagte help om onder die mense te wees wat hulle nou reeds voorberei om in God se misdaadvrye nuwe wêreld te lewe.

[Voetnoot]

a Sien die Ontwaak! van 8 Mei 2001, bladsye 8-10, vir voorbeelde.

[Prente op bladsy 10]

Miljoene ontvang onderrigting vir die lewe in ’n misdaadvrye wêreld

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel