Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 11/22 bl. 32
  • ’n Boek wat ’n verskil gemaak het

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Boek wat ’n verskil gemaak het
  • Ontwaak!—2003
Ontwaak!—2003
g03 11/22 bl. 32

’n Boek wat ’n verskil gemaak het

OMDAT so baie jongmense slordige modegiere navolg, is dit verfrissend wanneer party beskeie probeer aantrek. ’n Groepie jeugdiges in Baliktsji, ’n stad in Kirgizstan, ’n voormalige republiek van die Sowjet Unie, het besluit om ’n foto van hulle te laat neem in die soort kleredrag wat hulle op die buiteblad van die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk gesien het. Die jongmense het na ’n professionele fotograaf gegaan en haar gevra om ’n groepfoto van hulle te neem wat soos die een op die boek se buiteblad lyk. Die bygaande foto is die een wat sy geneem het.

Ná die fotosessie het die jongmense die boek by die fotograaf gelaat. Op daardie stadium het sy nie juis belangstelling getoon nie, aangesien sy nie in die Bybel geglo het nie. Maar toe die jongmense ’n paar dae later weer na die ateljee gegaan het om die foto te gaan haal, het sy gesê dat sy nog nooit in haar lewe so ’n boek gelees het nie. Sy het gesê dat sy nooit besef het dat die Bybel sulke praktiese raad bevat nie en dat sy meer wou weet. Dit het daartoe gelei dat sy die Bybel begin studeer het.

Jy kan ook ’n eksemplaar van hierdie boek aanvra, wat spesifiek bedoel is om jongmense te help met die probleme waarmee hulle vandag te kampe het. Vul net die bygaande koepon in en stuur dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

□ Lewer asseblief die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk by my af.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel