Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 2/8 bl. 32
  • ’n Uitstekende handboek vir jongmense

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Uitstekende handboek vir jongmense
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 2/8 bl. 32

’n Uitstekende handboek vir jongmense

DIE skoolhoof van die Tigoni-meisieskool in Limuru, Kenia, het aan die takkantoor van Jehovah se Getuies in daardie land geskryf en eksemplare van die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk aangevra. Hy het gesê: “Soos julle weet, kan dit ’n uitdaging wees om met tieners te werk. Ons het twee eksemplare van julle boek, en die onderwysers sowel as die kinders het dit al nuttig gevind. Dit het genoeg inligting en voorsien in ons behoeftes en dié van die tieners.”

Die skoolhoof het verder gesê: “Die [skoolbestuur] sal graag hierdie nuttige boek wil gebruik om die meisies te onderrig. Hulle hou baie van die boek. Die ouers is baie positief oor alle pogings om hulle kinders te help. Ons dink dat 25 eksemplare van die boek vir eers genoeg sal wees.”

Die Jongmense vra-boek ondersoek die gedagtes en gevoelens van jongmense. Dit moedig opbouende besprekings aan oor onderwerpe soos: “Wat kan ek doen sodat my ouers my meer vryheid sal gee?”, “Moet ek die huis verlaat?”, “Hoe kan ek ware vriende maak?”, “Watter loopbaan moet ek kies?”, “Wat van voorhuwelikse seks?” en “Hoe weet ek of dit ware liefde is?”

Dit is net ’n paar van die hoofstuktitels. In die 39 hoofstukke van die boek bespreek dit ook baie ander onderwerpe. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel