Jongmense op soek na antwoorde
Toe die 17de Katolieke Wêreldjeugdag in 2002 in Toronto, Kanada, gehou is, het honderdduisende mense van regoor die wêreld dit bygewoon. Hoewel Jehovah se Getuies nie aan die verrigtinge deelgeneem het nie, het hulle ’n toestroming van jongmense in die stad verwag. Hoe het hulle hulle hiervoor voorberei? Hulle het dieselfde gesindheid as die eerste-eeuse Christene geopenbaar en van die geleentheid gebruik gemaak om met hulle oor die Skrif te praat.—Handelinge 16:12, 13.
Die Getuies het hierdie jongmense geprys vir hulle belangstelling in geestelike dinge. Dit het tot talle vriendelike skriftuurlike gesprekke gelei. Toe ’n Getuie ’n meisie gevra het of die Wêreldjeugdag aan haar verwagtinge voldoen het, het sy gesê: “Wel, tot dusver was daar musiek en dans, maar niks wat my geloof versterk nie.”
Die Getuie het die brosjure ’n Boek vir alle mense toe vir die meisie aangebied en verduidelik dat dit baie vrae beantwoord wat mense al oor die Bybel gevra het, soos: “Is dit werklik die Woord van God?” en “Hoe kan ons weet dat dit nie verander het sedert dit oorspronklik geskryf is nie?”
Die meisie het geantwoord: “Dit is vrae waaroor ek op die oomblik wonder. Ek moet antwoorde op my vrae kry. Ek wil dit sommer dadelik lees. Dit is dalk die beste ding wat hier met my gebeur het.”
Dit was maar een van die talle gesprekke wat die Getuies met afgevaardigdes by die Katolieke Wêreldjeugdag gehad het. As jy ook hierdie brosjure met 32 bladsye, ’n Boek vir alle mense, wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.
□ Lewer asseblief die brosjure ’n Boek vir alle mense by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.