Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 5/8 bl. 15
  • ’n Nuwe tuiste vir ’n beseerde mossie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Nuwe tuiste vir ’n beseerde mossie
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Die mossie—Vriend of vyand?
    Ontwaak!—1991
  • Die raaisel van Brittanje se huismossies
    Ontwaak!—2001
  • Jehovah het “selfs die hare op julle kop” getel
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Iemand wat ons waarde raaksien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 5/8 bl. 15

’n Nuwe tuiste vir ’n beseerde mossie

“HET ons regtig nog werk nodig?” Dit was my aanvanklike reaksie toe my vrou ’n klein mossie wat uit ’n nes geval het, huis toe gebring het. Toe ek die bewende voëltjie van naderby bekyk, het my hart week geword. Ek het nogtans gewonder of hierdie tingerige voëltjie dit sou oorleef.a

Aanvanklik moes ons ons gas aanspoor om ’n bietjie fyngemaakte kos te eet. Maar teen die volgende dag het die klein mossie gereeld geroep om gevoer te word. Die getjirp kon selfs op die trap buite gehoor word, deur die dubbeldeur van ons woonstel!

Aan die voël se vere kon ons duidelik sien dat ons mossie ’n wyfie is. Mettertyd het sy haar kragte herwin en kon sy vlieg. Maar ons pogings om haar vry te laat, was tevergeefs! Ons het gedink: ‘Miskien is sy net nie gereed om die huis te verlaat nie.’ Ons het dus ’n koutjie gekoop en ons klein mossie as ’n troeteldier aangeneem. Ons het haar “Spatzi” genoem, ’n verkleiningsvorm van die Duitse woord vir “mossie”.

Eendag het ons rys gekook, iets waarvan Spatzi blykbaar baie hou. Aangesien dit nog redelik warm was, het my vrou dit eenkant gesit en ’n paar saadjies vir Spatzi gegee. Hoe het ons klein voëltjie gereageer? Sy het haar kop gedraai en met haar snawel die saadjies oor die rand van die tafel gestoot! Ek en my vrou het verstom vir mekaar gekyk en gelag. Ons het gou ’n bietjie van die afgekoelde rys voor Spatzi gesit, en sy het heel tevrede gelyk daarmee!

Terwyl ons na hierdie oulike klein voëltjie omsien, laat dit ons dink aan wat Jesus vir sy dissipels gesê het: “Word twee mossies nie vir ’n muntstuk van geringe waarde verkoop nie? Tog sal nie een van hulle sonder julle Vader se wete op die grond val nie.” Toe het Jesus vir hulle gesê: “Moet dus nie vrees nie: julle is meer werd as baie mossies.”—Matteus 10:29-31.

Hoe bemoedigend is dit tog om te weet dat Jehovah ons benoudhede sien en ons volharding onthou (Jesaja 63:9; Hebreërs 6:10). Ja, die medelye wat ons vir ’n klein voëltjie voel, is maar net ’n klein aanduiding van die liefde wat Jehovah God betoon aan diegene wat hom dien!—Bygedra.

[Voetnoot]

a In sommige gevalle kan dit ’n mens aan gesondheidsrisiko’s blootstel as jy vir ’n siek of beseerde voël sorg, en dit is dalk teen plaaslike wette.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel