Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 10/8 bl. 32
  • Waarom ’n boek vir alle mense?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Waarom ’n boek vir alle mense?
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 10/8 bl. 32

Waarom ’n boek vir alle mense?

◼ Het jy geweet dat die Bybel die boek met verreweg die grootste verspreiding in die geskiedenis is? Die brosjure met 32 bladsye, ’n Boek vir alle mense, verduidelik waarom miljoene mense lief is vir die Bybel en dit vertrou ondanks pogings om ’n wanvoorstelling daarvan te gee en dit te verbied.

Hierdie brosjure beskryf kortliks wat die Bybel bevat en waarom ons dit kan vertrou. Dit toon ook dat die Bybel wetenskaplik akkuraat is, hoewel dele daarvan meer as 3 500 jaar gelede geskryf is. Verder verduidelik die brosjure hoe Bybelleringe ’n praktiese riglyn vir die hedendaagse lewe is. Jy sal veral sien hoe Bybelprofesieë wat honderde jare voor die tyd gegee is, in vervulling gegaan het en sodoende ’n grondslag voorsien het vir vertroue in die wonderlike Bybelbeloftes van ’n komende regverdige nuwe wêreld.

Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die brosjure ’n Boek vir alle mense by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel