Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 11/22 bl. 31
  • Meer keuses, minder tevredenheid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Meer keuses, minder tevredenheid?
  • Ontwaak!—2005
Ontwaak!—2005
g05 11/22 bl. 31

Meer keuses, minder tevredenheid?

MENSE in die Verenigde State het vandag “meer keuses op meer gebiede van die lewe as wat ooit tevore moontlik was”, sê ’n artikel in die tydskrif Scientific American. Dit geld vir hulle keuses van handelsware, dienste, werk en selfs persoonlike verhoudings. ’n Mens sou dink dat groter keusevryheid groter tevredenheid in die lewe sou meebring. Maar dit is verbasend dat dit dikwels ongelukkigheid veroorsaak. Hoe so?

Die artikel het gesê dat gesindhede ten opsigte van keuses ’n uitwerking op geluk het. Party bestee byvoorbeeld baie tyd en energie daaraan om die beste moontlike keuse te maak wanneer dit by handelsware kom deur etikette sorgvuldig te lees en nuwe produkte te ondersoek, en dan vergelyk hulle wat hulle koop met wat ander koop. Ander verbruikers probeer net kry wat “goed genoeg” is, al is daar dalk beter keuses. Hierdie mense hou op soek wanneer hulle iets vind wat in hulle behoeftes voorsien.

Dit is duidelik dat dit vir diegene wat altyd die beste wil hê, al hoe moeiliker word om besluite te neem namate die verskeidenheid keuses groter word. Wanneer hulle dan wel ’n keuse maak, sê Scientific American, “pla dit hulle dat hulle nie die tyd gehad het om al die alternatiewe te ondersoek nie”. Op die ou end “is [sulke mense] minder tevrede met die lewe en is hulle minder gelukkig, minder optimisties en meer depressief”. Wat is die gevolgtrekking? “Daar is goeie rede om te glo”, sê die artikel, “dat oorweldigende keuses ten minste bydra tot die epidemie van ongelukkigheid wat in die moderne gemeenskap toeneem.”

Die samestellers van die studie het egter gesê dat spanning wat met keuses verband hou, verminder kan word. Hoe?

● Ons kan besluit om ons keuses te beperk wanneer die besluit nie baie belangrik is nie. Maak byvoorbeeld ’n reël om nie meer as twee winkels te besoek wanneer jy klere koop nie.

● Wees eerder tevrede met ’n keuse wat in jou basiese behoeftes voorsien as om na die ‘beste’ te soek wat jou bly ontwyk. Moet dan nie langer daaroor dink nie.

● Wend ’n bewuste poging aan om nie te veel te dink aan die skynbaar aantreklike kenmerke van die keuses wat jy verwerp nie. Leer jouself om te konsentreer op die voordele van die keuse wat jy gemaak het.

● “Moenie te veel verwag nie, en jy sal nie teleurgestel word nie”, is ’n cliché. Maar hierdie raad is verstandig as jy meer tevrede met die lewe wil wees.

[Erkenning op bladsy 31]

Bron: Scientific American

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel