Haar klasmaats het van mening verander
◼ Victoria (hierbo), ’n 11-jarige meisie in die Oekraïne, is gevra om ’n verslag oor haar gunstelingboek voor te berei op so ’n manier dat almal in die klas dit graag sal wil lees. Sy sê: “Ek het besluit om die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk aan my klasmaats bekend te stel. In my aanbieding het ek die inhoud van die boek en die beginsels waarop dit gegrond is, verduidelik. Aan die einde het ek genoem dat die boek onmiddellik na afloop van die klas beskikbaar is.”
Wat was die reaksie van haar klasmaats? “Ek het daardie dag 20 boeke versprei”, sê Victoria. “My klasmaats het gedink dat Jehovah se Getuies ’n sekte is, maar hulle het van mening verander, en nou lees twee van hulle gereeld ons tydskrifte!”
Die Jongmense vra-boek ondersoek gedagtes en gevoelens van jongmense en moedig opbouende besprekings aan. Dit bespreek vrae wat jongmense vra, soos: “Wat kan ek doen sodat my ouers my meer vryheid sal gee?”, “Hoe kan ek ware vriende maak?” en “Wat van voorhuwelikse seks?” In die 39 hoofstukke in die boek word baie ander onderwerpe ook bespreek.
Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.