Dit het ’n jong man beweeg om sy lewe te ondersoek
◼ Verlede jaar het ’n jong man na ’n takkantoor van Jehovah se Getuies geskryf. Hy het verduidelik dat sy ouma hom ’n eksemplaar van die boek Die grootste mens wat nog geleef het gegee het. “Ek het dit op ’n boekrak gesit”, het hy gesê. Maar onlangs het hy ernstig siek geword, en hy het selfs gedink dat hy dalk sou sterf.
“Iets het my hierdie boek laat uithaal”, het hy gesê. “Ek het die boek met ’n sekere mate van skeptisisme begin lees. Maar nadat ek dit klaar gelees het, het ek tot die slotsom gekom dat die wyse waarop ek my lewe lei, verkeerd is. Ek het tot God begin bid.”
“Nadat ek van my siekte herstel het”, het hy verduidelik, “het ek besluit om die boek ’n tweede keer te lees. Tot my verbasing het ek nóg nuwe dinge daaruit geleer. Ek het begin besef dat hoewel dit nodig is om tot God te bid en Bybellektuur te lees, dit nie voldoende is nie. Die belangrikste is om ons lewe aan God te wy en ander mense te help om geloof in hom te stel. Soos ek uit die illustrasie van die minas geleer het, moet ons werk vir die vooruitgang van God se Koninkryk.”—Lukas 19:13-27.
Die man het ten slotte geskryf: “Ek wil graag Jehovah se Getuies bedank vir hierdie uitstekende boek wat my lewe verander het. Ek wil meer inligting hê en die Bybel bestudeer. Maar my grootste begeerte is om God my hele lewe lank te dien en ander te help om in hom te glo.”
Die boek Die grootste mens wat nog geleef het sluit die toesprake in wat Jesus gehou het, sowel as sy illustrasies en wonderwerke. Sover moontlik word alles vertel in die volgorde waarin dit plaasgevind het. En die boek bevat pragtige, akkurate prente, wat die gevoelens van Jesus en sy tydgenote probeer weergee.
As jy graag ’n eksemplaar van hierdie boek met 448 bladsye wil ontvang, kan jy die bygaande koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.
□ Lewer asseblief die boek Die grootste mens wat nog geleef het by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.