Wanneer ’n kind sterf
◼ Die dood van ’n kind is traumaties vir dié wat agterbly, veral vir die ouers. ’n Moeder wie se 16-jarige seun in ’n tragiese ongeluk doodgebrand het, het hartseer gesê: “God laat nie toe dat ons met ons sterwende kinders plekke ruil nie, en hy laat ook nie toe dat ons saam met hulle sterf nie.”
Tog was sy nie wanhopig nie. Sy het verduidelik: “God het ons die waarheid omtrent die dood geleer, en dit keer dat ek of my man verbitterd of van ons verstand af raak.” Sy het ook gesê: “Ons weet dat ons God dit nie aan ons seun gedoen het nie, en Sy voorneme is om die dooies op ’n paradysaarde op te wek. Met ons geestesoog kan ons sien hoe ons seun, gesond en gelukkig, saam met sy vriende en familie lewe.”
Maar selfs diegene wat vaste vertroue in God se belofte van ’n opstanding het, het vertroosting nodig, iets wat hierdie moeder met waardering van baie vriende ontvang het. Sy het gesê: “Baie van die skriftuurlike gedagtes wat hulle uitgespreek het en die liefdevolle dade wat aan ons betoon is, het ooreengestem met dié in die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf. Ons het almal om ons aangemoedig om dit te lees sodat hulle ons en die droefheid wat ons nog sou verduur, beter kon verstaan.”
Miskien sal jy of iemand wat jy ken, vertroosting put uit die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf. Jy kan hierdie brosjure aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf by my af, sonder enige verpligting.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.