Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/06 bl. 32
  • Hulp om ons kinders te beskerm

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulp om ons kinders te beskerm
  • Ontwaak!—2006
Ontwaak!—2006
g 4/06 bl. 32

Hulp om ons kinders te beskerm

Verlede jaar het ’n vrou in Virginië, VSA, geskryf om waardering uit te spreek vir die boek Leer by die Groot Onderwyser. Sy het gesê: “Voor my kleinseuns gaan slaap, sê hulle: ‘Ouma, lees vir ons ’n storie uit die Jesus-boek.’ Hulle is 4, 6 en 7 jaar oud en geniet die verhale baie.”

Die ouma het verduidelik: “Ek het hoofstuk 32 met die titel ‘Hoe Jesus beskerm is’ gelees. Ek was werklik beïndruk, want nadat die les praat van hoe Jehovah Jesus beskerm het, help dit kinders om hulleself te beskerm deur hulle praktiese raad te gee. Dit sê: ‘As iemand dit probeer doen, moet jy in ’n harde stem ferm sê: “Hou op! Ek gaan sê wat jy doen!”’”

In Mexiko het ’n moeder van ’n vyfjarige dogtertjie genaamd Betsaida gesê dat sy die Onderwyser-boek vir die tweede keer saam met haar dogter deurlees. Die moeder het gesê: “Die wêreld is besig om meer verdorwe te raak, en ons kinders kom voor al hoe meer druk te staan. My dogter sê sy is dankbaar dat sy geleer word hoe om haarself teen verkeerde invloede te beskerm, soos dié wat in hoofstuk 32 genoem word.”

Hierdie pragtig geïllustreerde boek met sy 256 bladsye wat so groot soos dié van hierdie tydskrif is, is ’n groot hulp vir ouers om die Bybelse opdrag uit te voer om hulle kinders op te lei (Spreuke 22:6). Die lesse, wat op Jesus Christus se leringe gegrond is, word in eenvoudige taal oorgedra, en tog is die onderwerpe vir alle ouderdomsgroepe. Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief die boek Leer by die Groot Onderwyser by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel