Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/06 bl. 17-19
  • Vriendskappe by die skool—Hoe heg is te heg?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vriendskappe by die skool—Hoe heg is te heg?
  • Ontwaak!—2006
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Jy het vriende nodig
  • Christene is nie antisosiaal nie
  • Vriende “onder ’n ongelyke juk”
  • Hoe om goeie vriende te kies
  • Wat moet ek weet oor vriendskappe by die skool?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
  • Kies jou vriende wyslik
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Goeie vriende—Slegte vriende
    Ontwaak!—2004
  • Behou vriendskappe in ’n liefdelose wêreld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 4/06 bl. 17-19

Jongmense vra . . .

Vriendskappe by die skool—Hoe heg is te heg?

“Die kinders by die skool het altyd gepraat oor hoeveel pret hulle saam oor die naweek gehad het. Ek het heeltemal uit gevoel.”—Michelle.a

“Soms het ek ’n groep jongmense gesien en gedink: ‘Hulle is nou rêrig goeie vriende. Ek wil deel van hulle vriendekring wees.’”—Joe.

“Ek het dit nie moeilik gevind om vriende by die skool te maak nie. Dit was maklik. Dít was my probleem.”—Maria.

JY BRING ’n groot deel van die dag saam met jou skoolmaats deur. Jy kom voor baie van dieselfde uitdagings en frustrasies as hulle te staan, en jy streef daarna om dieselfde prestasies te bereik. Jy voel dalk dat jy in sekere opsigte meer met hulle in gemeen het as met jou ouers, jou broers en susters of mede-Christene. Dit is te verstane dat jy dalk met hulle vriende wil maak. Is dit verkeerd? Is daar gevare aan verbonde? Wanneer dit kom by vriendskappe by die skool, hoe heg is te heg? Waar moet jy die lyn trek?

Jy het vriende nodig

Almal het vriende nodig—mense saam met wie hulle kan ontspan wanneer dit goed gaan en waarop hulle kan staatmaak wanneer dit sleg gaan. Jesus het vriende gehad, en hy het dit geniet om tyd saam met hulle deur te bring (Johannes 15:15). Toe hy besig was om aan ’n folterpaal te sterf, was Jesus se hegte vriend Johannes, “die dissipel wat hy [veral] liefgehad het”, daar naby (Johannes 19:25-27; 21:20). ’n Mens het sulke vriende nodig—vriende wat jou deur dik en dun sal bystaan. ’n Bybelspreuk lui: “’n Ware metgesel het te alle tye lief en is ’n broer wat gebore word vir die tyd wanneer daar benoudheid is.”—Spreuke 17:17.

Jy voel moontlik dat jy so iemand by die skool gevind het, een van jou klasmaats met wie jy goed oor die weg kom. Julle stel in dieselfde dinge belang en geniet mekaar se geselskap. Ja, hy is moontlik nie ’n medegelowige nie; tog lyk dit ook nie vir jou asof hy “slegte omgang” is nie (1 Korintiërs 15:33). Toegegee, party jongmense wat nie dieselfde Bybelse oortuigings as jy het nie, lewe volgens goeie beginsels (Romeine 2:14, 15). Maar beteken dit dat julle hegte vriende kan word?

Christene is nie antisosiaal nie

Ware Christene sal natuurlik nie ongelowiges vermy nie. Hulle praat immers met mans en vroue van alle rasse, godsdienste en kulture terwyl hulle hulle opdrag uitvoer om “dissipels van mense van al die nasies” te maak (Matteus 28:19). Hulle is nie afsydig wanneer hulle met bure, werks- of skoolmaats te doen het nie, en hulle is ook nie antisosiaal nie. Christene toon eerder opregte belangstelling in ander.

Die apostel Paulus het in hierdie opsig ’n uitstekende voorbeeld gestel. Hy het geweet hoe om met “alle soorte mense” te gesels, al het hulle nie dieselfde oortuigings as hy gehad nie. Paulus se doel was natuurlik nie om sosiaal met hulle te verkeer nie. Hy het eerder gesê: “Ek doen alles ter wille van die goeie nuus, sodat ek met ander ’n deelgenoot daarvan kan word.”—1 Korintiërs 9:22, 23.

Jy kan Paulus se voorbeeld volg. Wees vriendelik met jou portuurs. Leer om goed met hulle te kommunikeer. Van jou skoolmaats is dalk op soek na die Bybelse hoop wat jy het. Neem byvoorbeeld die geval van ’n Christenmeisie genaamd Janet. Sy en haar klasmaats moes ’n kort kommentaar oor elkeen van hulle medeleerlinge skryf, en daarna kon elke leerling die kommentare lees wat oor hulle gemaak is. Een van die briefies wat Janet ontvang het, het gesê: “Dit lyk asof jy altyd baie gelukkig is. Vertel ons asseblief waarom!”

Soos hierdie ondervinding toelig, is van jou klasmaats dalk bereid uit te vind wat jou oortuigings is. Dit hou beslis voordele in as jy vriendelik met hulle is. Dit sal jou ongetwyfeld die geleentheid bied om jou oortuigings te verduidelik. Laat jou klasmaats ook hulle mening lug, en luister aandagtig terwyl hulle dit doen. Die ondervinding wat jy opdoen deur met jou portuurs te kommunikeer, sal van onskatbare waarde wees wanneer jy eendag sekulêr begin werk en voor soortgelyke situasies te staan kom. As jy by die skool en by die werk vriendelik is, sal dit jou help om “die leer van ons Redder, God, in alles [te] versier”.—Titus 2:10.

Vriende “onder ’n ongelyke juk”

Daar is natuurlik ’n verskil tussen om vriendelik met ’n klasmaat te wees en om intieme vriende met daardie persoon te wees. Paulus het geskryf: “Moenie saam met ongelowiges onder ’n ongelyke juk kom nie” (2 Korintiërs 6:14). Om hegte vriende met iemand te wees, moet julle dieselfde waardes en doelwitte hê. Dit is eenvoudig onmoontlik as iemand nie volgens dieselfde skriftuurlike oortuigings en standaarde as jy lewe nie. As jy onder ’n ongelyke juk met ’n ongelowige klasmaat kom, sal dit heel moontlik veroorsaak dat jy by verkeerde dinge betrokke raak of jou nuttige gewoontes bederf.

Maria het dit deur bittere ondervinding geleer. Weens haar uitgaande persoonlikheid was dit vir haar maklik om vriende te maak, maar dit was vir haar moeilik om te weet waar om die lyn te trek. “Ek het daarvan gehou dat ander, seuns sowel as meisies, van my hou”, erken sy. “Gevolglik het ek al hoe dieper in die dryfsand van hierdie wêreld ingesink.”

Soos Maria, is dit dalk vir jou ook moeilik om te weet wanneer ’n vriendskap met iemand wat nie dieselfde oortuigings as jy het nie, te heg geword het. Jy kan jouself nietemin baie hartseer spaar deur ’n duidelike grens te stel tussen dié wat jy as ’n kennis en dié wat jy as ’n hegte vriend sal kies. Hoe kan jy dit doen?

Hoe om goeie vriende te kies

Soos vroeër genoem is, het Jesus hegte vriendskappe gesmee toe hy op die aarde was. Jesus het dit gedoen deur ’n regskape lewe te lei en oor geestelike dinge te praat. As mense sy leringe en lewenswyse aanvaar het, het hulle nader aan hom gekom (Johannes 15:14). Byvoorbeeld, nadat vier mans Jesus hoor praat het, was hulle so diep getref dat hulle “alles laat staan en hom gevolg” het. Hierdie manne—Petrus, Andreas, Jakobus en Johannes—het Jesus se hegte vriende geword.—Lukas 5:1-11; Matteus 4:18-22.

Jesus se woorde en dade het dit duidelik gemaak dat hy vas oortuig was van wat hy geglo het en dat sy standpunt nie onderhandelbaar was nie. Diegene wat nie sy standaarde wou aanvaar nie, het hom verlaat, en Jesus het hulle laat gaan.—Johannes 6:60-66.

Een jong man se opregtheid het Jesus byvoorbeeld diep geraak. Die Bybel sê: “Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry.” Maar toe die man uitvind wat Jesus van sy vriende verwag, het hy “weggegaan”. Die man was blykbaar ’n goeie persoon—ja, Jesus het “hom liefgekry”. Maar Jesus het meer van sy vriende vereis (Markus 10:17-22; Matteus 19:16-22). Wat van jou?

Jy kom dalk goed oor die weg met ’n sekere skoolmaat. Maar vra jou af: ‘Is hierdie persoon gewillig om te doen wat Jesus beveel? Wil hy of sy omtrent Jehovah leer, die een wat Jesus gesê het ons moet aanbid?’ (Matteus 4:10). Terwyl jy met jou klasmaats praat en terwyl jy volgens Bybelstandaarde lewe, sal die antwoorde op hierdie vrae duidelik word.

Dit is goed om vriendelik met jou klasmaats te wees, net soos Jesus vriendelik met alle soorte mense was. Maar Jesus het seker gemaak dat sy hegte vriende sy hemelse Vader, Jehovah, liefgehad het. Jy kan dieselfde doen. “Handhaaf goeie gedrag” by die skool, en praat taktvol met ander oor wat jy glo. Maak bowenal seker dat jy die beste soort vriende kies.—1 Petrus 2:12.

[Voetnoot]

a Van die name is verander.

IETS OM OOR TE DINK

◼ Watter gevare is daaraan verbonde om ná skool vrye tyd saam met ’n ongelowige klasmaat deur te bring? Is dit verstandig?

◼ Nadat jy hierdie artikel gelees het, dink jy dat jou verhouding met ’n klasmaat te heg geword het? Indien wel, wat kan jy daaromtrent doen?

[Venster/Prente op bladsy 18]

HOW CAN I MAKE REAL FRIENDS?

Hierdie video, wat deur Jehovah se Getuies vervaardig is, bevat openhartige onderhoude met jongmense van die Verenigde State, Italië, Frankryk en Spanje. Dit is in 36 tale beskikbaar.

[Prent op bladsy 18]

Van jou klasmaats is dalk nuuskierig omtrent jou oortuigings

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel