“’n Mens móét dit net lees”
Dit is wat een fisikaprofessor in die Verenigde State gesê het oor Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?a Hy het geskryf: “Die boek bespreek van die interessantste raaisels in astrofisika, molekulêre biologie en die menslike anatomie, wat moeilik deur die toeval verduidelik kan word. . . . Dit sal nuttig wees om die voorbeelde en argumente wat in die boek uiteengesit word, te ondersoek, ongeag of ’n mens geneig is om aan evolusie of die skepping te glo.”
’n Vrou het geskryf: “Ek kan werklik nie die woorde vind om te sê hoe diep hierdie boekie my geraak het nie. Ek kon die boek nie neersit nie omdat elke bladsy verdere ontdekkings oor ons heelal beskryf wat wetenskaplikes gemaak het. Ek het regtig soveel geleer!”
Ander dinge omtrent die boek wat haar beïndruk het, is die besprekings van die vier fundamentele fisiese kragte en van die uniekheid van mense in vergelyking met diere.
Het jy al ooit gewonder of daar grondige wetenskaplike bewyse is wat op die bestaan van ’n Skepper dui? As daar wel ’n Skepper is, gee hy werklik vir ons om? Jy sal antwoorde op sulke vrae in hierdie fassinerende boek met 192 bladsye vind. Jy kan ’n eksemplaar aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief ’n eksemplaar van hierdie boek by my af, sonder enige verpligting. Dui taalvoorkeur aan.
□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.
[Voetnoot]
a Uitgegee deur Jehovah se Getuies.
[Prent op bladsy 32]
’n Foto van gasagtige pilare wat “Pilare van die skepping” genoem word en in die NGC 6611-newel, of Arendnewel (M16), voorkom. Dit is deur die Hubble-ruimteteleskoop geneem
[Foto-erkenning op bladsy 32]
Foto bo en op buiteblad: J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA