Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/07 bl. 28
  • Godvrugtige opleiding werp goeie vrugte af

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Godvrugtige opleiding werp goeie vrugte af
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Suksesvolle wêreldwye skool
    Ontwaak!—1995
  • Die opleiding van Koninkryksbedienaars
    God se Koninkryk regeer!
  • Vind meer baat by die Teokratiese Bedieningskool
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • ’n Skool wat ons toerus vir wat die heel belangrikste is
    Ons Koninkryksbediening—2002
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 8/07 bl. 28

Godvrugtige opleiding werp goeie vrugte af

Ouers wat hulle kinders van ’n vroeë ouderdom af leer, geniet dikwels die goeie vrugte van hulle harde werk. Dorian, ’n seuntjie in Peru, Suid-Amerika, het sy eerste studentetoespraak in die Teokratiese Bedieningskool by die Koninkryksaal van Jehovah se Getuies gehou toe hy vier was. Toe hy begin skoolgaan, kon hy uit die Bybel vir sy onderwyseres en klasmaats verduidelik waarom hy nie Kersfees vier nie.

Onlangs, toe Dorian vyf jaar oud was, is hy gevra om met die hele skool—sowat 500 leerders—te praat oor wat hy omtrent Vadersdag glo. Hy het ’n toespraak van tien minute voorberei oor die onderwerp: “Die verantwoordelikhede van ’n vader”, gebaseer op die Bybelteks in Efesiërs 6:4. Hy het die toespraak afgesluit deur te sê: “Pleks van een maal per jaar Vadersdag te vier, moet kinders hulle ouers elke dag respekteer en gehoorsaam.”

In 1943 het die Teokratiese Bedieningskool, wat bedoel is om jonk en oud te help om beter openbare sprekers te word, een van die weeklikse vergaderinge van Jehovah se Getuies geword. Sedertdien voorsien dit Bybelopleiding wat die onderrigting aanvul wat ouers aangemoedig word om hulle kinders te gee.—Spreuke 22:6.

In November 2005 het Simon, ’n seuntjie in Switserland, op die ouderdom van ses jaar sy eerste Bybelleestoewysing in die Teokratiese Bedieningskool behartig. Omtrent ’n jaar later is ’n onderhoud met hom gevoer op die program van ’n groot byeenkoms van Jehovah se Getuies. Watter soort gesindheid het hy teenoor geestelike dinge ontwikkel?

Simon hou baie daarvan om Christelike vergaderinge by te woon, wat blyk uit sy pogings om by elkeen teenwoordig te wees, selfs wanneer hy moeg is. Daarbenewens gaan hy saam met die res van sy gesin in die bediening uit. Hy laat elke maand tussen 30 en 50 eksemplare van Die Wagtoring en Ontwaak! by mense van alle ouderdomme. Wat meer is, hy praat dikwels met sy pa oor die Bybel en moedig hom aan om die vergaderinge saam met die gesin by te woon.

Ouers wat hulle kinders “in die dissipline en verstandsregulering van Jehovah” grootmaak, ervaar ongetwyfeld groot vreugde wanneer hulle kinders gunstig daarop reageer en regverdige vrugte voortbring.—Efesiërs 6:4; Jakobus 3:17, 18.

[Prent op bladsy 28]

Dorian by die skool

[Prent op bladsy 28]

Simon by die Koninkryksaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel