Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/07 bl. 10-11
  • Kan dit genotvol wees om God te aanbid?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kan dit genotvol wees om God te aanbid?
  • Ontwaak!—2007
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Die grondslag vir vreugde
  • ’n Lewenswyse
  • Nog ’n rede tot vreugde
  • Dien Jehovah met vreugde van hart
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Vreugde — ’n Eienskap wat ons van God kry
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) — 2018
  • Die vreugde van Jehovah is ons vesting
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Wees blymoedig in ’n wêreld vol moeilikheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 8/07 bl. 10-11

Die Bybel se beskouing

Kan dit genotvol wees om God te aanbid?

“EK GLO in God en is lief vir hom”, skryf een verklaarde Christen. “Maar . . . dit verveel my om kerk toe te gaan.” Voel jy ook so? Die feit is dat verveeldheid, ontevredenheid en frustrasie daartoe gelei het dat party hulle eie maniere uitgedink het om God te aanbid.

“Doen-dit-self-godsdiens”; dit is wat een koerant die verskynsel genoem het waar mense hulle eie vorm van aanbidding uitdink. Maar vir diegene wat dit graag wil geniet om God te aanbid, kan so ’n alternatief onbevredigend wees. Waarom? Omdat die teleurstelling wat hulle van hulle kerk weggedryf het, hulle weer kan oorval.

Dit laat die vraag ontstaan: Is dit vervelig en vreugdeloos om volgens Bybelleringe te lewe? Glad nie! Let byvoorbeeld op die woorde van een Bybelpsalmis: “Kom tog, laat ons met vreugde uitroep tot Jehovah! . . . Kom tog in, laat ons aanbid en ons neerbuig; laat ons kniel voor Jehovah, ons Maker.”—Psalm 95:1, 6.

’n Ander Bybelpsalmis het met waardering tot Jehovah gesing: “U alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde.” In die Skrif word Jehovah “die gelukkige God” genoem, en sy aanbidders het in die verlede sowel as in ons tyd dikwels aan hulle vreugde uiting gegee.—Psalm 83:18; 1 Timoteus 1:11.

Die grondslag vir vreugde

Die besef van wat Jehovah gedoen het om sy liefde aan ons te betoon, vorm die grondslag van ware vreugde in ons aanbidding. Wat het hy gedoen? “God het die wêreld [die mensdom] so liefgehad dat hy sy enigverwekte Seun [Jesus Christus] gegee het, sodat elkeen wat geloof in hom beoefen, nie vernietig sal word nie maar die ewige lewe kan hê.”—Johannes 3:16.

Volgens die Bybel is dit dus God se wil dat “alle soorte mense gered moet word en tot juiste kennis van die waarheid moet kom” (1 Timoteus 2:3, 4). Dit beteken nie dat ons net moet weet wat sekere Bybelverse sê nie. Ons moet eerder ‘die sin begryp’ van wat ons lees, en dit behels noukeurige en opregte studie (Matteus 15:10). Die beloning is: “Jy sal die kennis van God vind.” Dit kan inderdaad genotvol wees!—Spreuke 2:1-5.

In die eerste eeu het mense van die Masedoniese stad Berea sulke vreugde ervaar. Toe die apostel Paulus hulle die woord van God geleer het, het hulle “die woord met die grootste gretigheid van verstand ontvang en die Skrif elke dag sorgvuldig ondersoek of hierdie dinge so was”. Hulle sou nie so gretig gewees het as hulle studie van die Skrif vervelig of vreugdeloos was nie.—Handelinge 17:11.

Jesus het gesê: “Gelukkig is dié wat honger en dors na regverdigheid, want hulle sal versadig word” (Matteus 5:6). Soos uitgehongerde mense wat gereeld begin eet het, is baie vandag verheug wanneer hulle geestelike honger bevredig word. Soos die Bereane ‘het baie van hulle dus gelowiges geword’.—Handelinge 17:12.

’n Lewenswyse

Ware aanbidders in die eerste eeu het “Die Weg” begin volg, ’n uitdrukking wat in Handelinge 9:2 gebruik word om na die nuwe lewenswyse te verwys wat die vroeë Christene gevolg het. Vandag moet diegene wat vreugde wil put uit hulle aanbidding van God, dieselfde doen. Hulle moet toelaat dat Bybelwaarhede hulle denke en hulle daaglikse gedrag beïnvloed.

Die apostel Paulus het mense in Efese dus aangespoor: ‘Lê die ou persoonlikheid af, wat met julle vroeëre lewenswandel ooreenkom.’ Maar meer word vereis, soos Paulus verder gesê het: ‘Beklee julle met die nuwe persoonlikheid, wat na God se wil in ware regverdigheid en lojaliteit geskep is.’—Efesiërs 4:22-24.a

Wanneer ons op daardie raad reageer en veranderinge in ons lewe aanbring in ooreenstemming met God se wil, verkry ons toegang tot ’n bron van groot tevredenheid en vreugde. Wat is dit? Paulus het aan Christene in Kolosse geskryf en gesê dat hulle aanpassings in hulle lewe moet maak “sodat [hulle] kan wandel op ’n wyse wat Jehovah waardig is om hom ten volle te behaag” (Kolossense 1:10). Die wete dat ons lewenswyse die ware God behaag, is beslis rede tot vreugde! Wat meer is, God maak dit vir ons moontlik om hom “ten volle” te behaag. Hoe so? Deur middel van vergifnis.

Elkeen van ons sondig; elkeen van ons het God se vergifnis nodig. “Christus Jesus [het] in die wêreld ingekom . . . om sondaars te red”, het Paulus volgens 1 Timoteus 1:15 gesê. Toe Jesus sy lewe vir ons opgeoffer het, het hy dit vir ons moontlik gemaak om vergifnis vir ons sondes te ontvang. ’n Ware aanbidder voel dus verlig, want ’n swaar skuldlas word van sy hart verwyder. Hy kan ’n skoon gewete hê en hom verbly in die sekerheid dat sy sondes vergewe sal word solank hy God se wil ywerig doen.

Nog ’n rede tot vreugde

Wanneer iemand die ware God begin aanbid, is hy nie alleen nie. Die Bybelpsalmis Dawid het geskryf: “Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Laat ons na die huis van Jehovah gaan’” (Psalm 122:1). Ja, as ons gereeld met ander ware aanbidders vergader, laat dit ons vreugde grootliks toeneem.

Nadat een man ’n vergadering van Jehovah se Getuies bygewoon het, het hy geskryf: “Die mense wat ons verwelkom het, was vriendelik en behulpsaam, wat dui op ware eenheid. Die kalmte en selfvertroue van so baie jongmense is beslis iets waarop hulle en hulle ouers trots kan wees. Ek wil net sê hoe dankbaar ek is dat ek na so ’n aangrypende en opwindende geleentheid genooi is.”

Jy sal moontlik ook geleenthede om Jehovah te aanbid, genotvol vind en behae daarin skep soos Dawid lank gelede gedoen het. “Dien Jehovah met blydskap”, het hy gesê. “Kom voor hom met vreugdegeroep” (Psalm 100:2). Almal wat die ware God met die regte beweegrede dien, kan verwag dat hulle aanbidding genotvol sal wees.

[Voetnoot]

a As jy Efesiërs hoofstuk 4 en Kolossense hoofstuk 3 lees, sal jy duidelik kan sien wat hierdie verandering van persoonlikheid behels.

HET JY AL GEWONDER?

◼ Wat is die grondslag van ware aanbidding?—1 Timoteus 2:3-6.

◼ Watter rol speel Christus se losprysoffer daarin om aan ons vreugde te verskaf?—1 Timoteus 1:15.

◼ Hoe kan Christelike vergaderinge bydra tot die genot wat jy uit jou aanbidding put?—Psalm 100:1-5.

[Prent op bladsy 10]

Dit kan ’n vreugdevolle ondervinding wees om die Bybel saam met ander te bestudeer

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel