“Ag, as almal dit maar net wou lees!”
Die persoon wat dit geskryf het, het verwys na die boek Kom nader aan Jehovah. Sy het bygevoeg: “Noudat ek Jehovah se liefde selfs duideliker sien, gaan ek my liefde vir ander in selfs groter mate toon.” Nog ’n leser het vol waardering verduidelik: “Woorde kan nie ten volle beskryf hoeveel ek hierdie publikasie geniet het en hoeveel ek daarby baat gevind het nie. . . . Hoe meer ek gelees het, hoe meer is ek aangemoedig.”
In die vier hoofdele van Kom nader aan Jehovah word God se vernaamste eienskappe, naamlik krag, geregtigheid, wysheid en liefde bespreek. “Hierdie boek het my gehelp om my hemelse Vader se voortreflike eienskappe te sien”, het ’n leser verduidelik. “Dit het my help besef dat ek die vermoë het om sy eienskappe te weerspieël as ek toelaat dat sy heilige gees in my lewe werksaam is.”
Nadat Joanna, ’n jong vrou in Pole, hoofstuk 26, “’n God wat ‘vergewensgesind’ is”, gestudeer het, het sy gesê: “Ek beskou die gedagtes in die publikasie as ’n kosbare skat waarsonder ek nie kan lewe nie.”
Ons glo dat jy ook waardevolle hulp en vertroosting sal put uit hierdie boek met 320 bladsye. Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.
□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.
Dui taalvoorkeur aan.