Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/07 bl. 8-9
  • Rampe nader hulle einde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Rampe nader hulle einde
  • Ontwaak!—2007
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Luister na God en bly lewe!
  • ’n Vaste hoop vir die dooies
    Wanneer ’n geliefde sterf
  • Miljoene wat nou dood is, sal weer lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Hoop vir die dooies​—Die opstanding
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
  • Die dood is nie die einde van alles nie!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2014
Sien nog
Ontwaak!—2007
g 9/07 bl. 8-9

Rampe nader hulle einde

AARDBEWINGS, oorloë, hongersnode en siekte—hierdie is sommige van die dinge wat Jesus voorspel het kenmerke sou wees van “die voleinding van die stelsel van dinge” waarin ons nou lewe (Matteus 24:3, 7, 8; Lukas 21:7, 10, 11). Hierdie gebeure is natuurlik nie dade van God nie. Nóg Jesus nóg sy Vader, Jehovah God, is daarvoor verantwoordelik.

Maar God sal verantwoordelik wees vir dit waarvan die voorspelde gebeure ’n voorteken is, naamlik, die koms van God se Koninkryk—’n hemelse regering in die hande van Jesus Christus—en die vernietiging van almal wat Jehovah se soewereiniteit verwerp (Daniël 2:44; 7:13, 14). Dan sal die aarde omskep word in ’n plek van vrede, waar daar geen vrees vir natuurrampe sal wees nie. Hierdie belofte van God sal volkome vervul word: “My volk sal in ’n vreedsame woonplek en in wonings van volle vertroue en in ongestoorde rusplekke woon.”—Jesaja 32:18.

Luister na God en bly lewe!

Soos daar in die vorige artikel in hierdie reeks verduidelik is, kan dit ons lewe red as ons op waarskuwings ag slaan. Hierdie beginsel is selfs meer van toepassing op goddelike waarskuwings wat in die Bybel opgeteken is. “Wat die een betref wat na my luister”, belowe God, “hy sal in veiligheid woon en nie deur vrees vir rampspoed versteur word nie.”—Spreuke 1:33.

Jehovah se Getuies doen hulle bes om na God te luister deur sy geïnspireerde Woord gereeld te lees en die leringe daarin toe te pas. Hulle nooi jou om dit ook te doen. Ja, almal wat gehoorsaam is en na Jehovah luister, hoef nie die toekoms en die rampspoed wat die goddeloses sal tref, te vrees nie. Hulle kan eerder daarna uitsien om die ewige lewe in die Paradys op aarde te ontvang, waar hulle “hulle inderdaad [sal] verlustig in die oorvloed van vrede”.—Psalm 37:10, 11.

[Venster op bladsy 8]

VERTROOSTING VIR DIÉ WAT TREUR

Het jy al geliefdes aan die dood afgestaan, dalk weens ’n natuurramp of ’n ander tragedie? Byna 2 000 jaar gelede het Jesus se goeie vriend Lasarus ’n ontydige dood gesterf. Toe Jesus daarvan te hore gekom het, het hy na Lasarus se dorpie, Betanië, gegaan en hom uit die “slaap” van die dood opgewek.—Johannes 11:1-44.

Jesus het hierdie wonderwerk verrig, nie net om liefde aan Lasarus en sy gesin te betoon nie, maar ook om geloofwaardigheid te verleen aan sy belofte om “almal wat in die gedenkgrafte is” gedurende sy Koninkryksheerskappy op te wek (Johannes 5:28, 29). Ja, in die komende Paradys sal Jesus al die skade wat sedert die opstand in Eden aangerig is, ongedaan maak.a—1 Johannes 3:8.

[Voetnoot]

a Sien asseblief die brosjure Wanneer ’n geliefde sterf, uitgegee deur Jehovah se Getuies, vir skriftuurlike raad oor hoe om die dood van ’n geliefde te verwerk sowel as ’n breedvoeriger bespreking van die belofte van die opstanding.

[Venster/Prent op bladsy 8]

’N AARDBEWING HET MY LEWE IN ’N ANDER RIGTING GESTUUR

In 1971 was ek ’n jong moeder en ’n voornemende operasopraan. In 1957 het ek getrek van Winnipeg, Manitoba, Kanada, waar ek gebore is, om nader aan Hollywood, Kalifornië, VSA, te wees in die hoop dat ek my eerste liefde, musiek, kon nastreef.

Nege jaar lank het my ma, een van Jehovah se Getuies, elke somer van Kanada af gekom om by my te kuier. Sy het daardie geleenthede gebruik om met my oor die Bybel te gesels, aangesien sy oortuig was dat dit die beste raad bied wat geluk en die gesinslewe betref. Ek was lief vir my ma en het respekvol na haar geluister. Maar elke keer nadat sy huis toe gegaan het, het ek die lektuur weggegooi wat sy my gegee het omdat ek vol vertroue was dat my lewe in die regte rigting beweeg.

Toe, vroeg een Dinsdagoggend in Februarie 1971, het ’n aardbewing wat 6,6 op die Richterskaal geregistreer het, my wakker geskud. Die geraas was oorverdowend, en die geskud was hewig. Ek het vreesbevange na my seun gehardloop en was verlig om sien dat hy veilig in sy bababedjie is. Ná die aardbewing het gebreekte glas en die inhoud van die kaste op die vloer gelê, en die water wat in die swembad was, was oral oor die erf. Hoewel my gesin veilig was, kon ek nie weer gaan slaap nie.

My ma het gepraat van “die laaste dae”, waarvan ’n teken “groot aardbewings” is (2 Timoteus 3:1; Lukas 21:7-11). Daardie somer het sy haar jaarlikse besoek by my afgelê, maar sonder Bybellektuur. Aangesien sy nege jaar lank vir my getuig het sonder enige resultate, het sy aangeneem dat ek nie belangstel nie. Hoe verkeerd was sy tog! Van die oomblik wat sy daar aangekom het, het ek haar met vrae bestook. Om te sing en roem te verwerf, was skielik glad nie meer so belangrik nie.

Daardie selfde week het ek Christelike vergaderinge saam met my ma by die plaaslike Koninkryksaal bygewoon, en daarna het ek byna nooit van ’n vergadering af weggebly nie. Sy het gereël dat iemand die Bybel met my studeer. Ek is in 1973 gedoop, en nou bestee ek gemiddeld 70 uur per maand daaraan om die goeie nuus van God se Koninkryk aan ander te verkondig (Matteus 24:14). Ja, ’n aardbewing het nie my geloof in God verpletter nie, maar het my gehelp om my geloof op te bou.—Soos vertel deur Colleen Esparza.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel