Hoe sal jy antwoord?
Wat ontbreek in hierdie prent?
Lees Openbaring 12:3. Kyk nou na die prent. Watter dinge is nie daar nie? Skryf jou antwoorde hieronder neer, en voltooi die prent deur die dinge wat ontbreek, in te teken.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
3. ․․․․․
VIR BESPREKING:
Wie word deur hierdie draak afgebeeld? Watter invloed het hy oor die hele bewoonde aarde? LEIDRAAD:
Lees Openbaring 12:9.
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 3 Wat het God in die mens se verstand en hart gesit? Prediker 3:․․․
BLADSY 5 Wat is die gawe wat God gee? Romeine 6:․․․
BLADSY 21 Watter gods- dienstitels het Jesus gesê moet ons nie gebruik nie? Matteus 23:․․․
BLADSY 27 Wat doen ’n skerpsinnige persoon? Spreuke 22:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die korrekte name in die spasies neer.
4. ․․․․․
LEIDRAAD: Serag die Etiopiër het met ’n miljoen man teen my opgetrek, maar Jehovah het hulle voor my verslaan.
Lees 2 Kronieke 14:9-12.
5. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek het gereël dat daar in die stede van Juda in Jehovah se Wet onderrig gegee word.
Lees 2 Kronieke 17:1, 7-9.
6. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek is in die Stad van Dawid begrawe, maar nie in die grafte van die konings nie.
Lees 2 Kronieke 21:16-20.
◼ Antwoorde op bladsy 13
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Een kop en nek.
2. Tien horings.
3. Sewe krone.
4. Asa.—Matteus 1:7.
5. Josafat.—Matteus 1:8.
6. Joram.—Matteus 1:8.