Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/08 bl. 32
  • Haar onderwyseres het dit aanbeveel

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Haar onderwyseres het dit aanbeveel
  • Ontwaak!—2008
Ontwaak!—2008
g 10/08 bl. 32

Haar onderwyseres het dit aanbeveel

◼ Waar kan jongmense betroubare raad en leiding vind? Die 13-jarige Cheren, in Italië, het dit geniet om die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk te lees. Sy het onlangs die geleentheid gehad om haar klasmaats geesdriftig daarvan te vertel.

“Ek is in graad agt”, verduidelik sy, “en in die klas het ons probleme bespreek waarmee adolessente gewoonlik te kampe het. Eendag het my onderwyseres my genader en gesê dat sy gehoor het dat ons publikasies hulp aan jongmense bied. Sy het my gevra of ek vir haar lektuur kan bring. Ek het dus vir haar die Jongmense vra-boek gegee.

“’n Paar dae later het sy die boek gebruik en ’n klasbespreking gehou oor hoofstuk 10, met die titel ‘Hoe belangrik is die uiterlike?’ Sy het selfs huiswerk gegee wat gebaseer was op die ‘Vrae vir bespreking’ aan die einde van die hoofstuk. Sy het gesê: ‘Hierdie boek is so goed geskryf, dis jammer dat julle nie elkeen een het nie.’

“Ek het gesê dat ek vir almal wat belangstel, ’n boek sal bring, en 16 van my klasmaats het vir een gevra. Toe ek die boeke gevat het, het selfs kinders wat eers nie belanggestel het nie, van plan verander en vir een gevra!”

Die Jongmense vra-boek bevat ook hoofstukke soos: “Waarom raak ek so neerslagtig?”, “Hoe weet ek of dit ware liefde is?”, “Waarom nee sê vir dwelms?” en “Hoe kan ek my TV-kykery beheer?” Jy kan hierdie boek aanvra deur die bygaande koepon in te vul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif te pos.

□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel