Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 7/10 bl. 32
  • “’n Skatkis vol praktiese lesse”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “’n Skatkis vol praktiese lesse”
  • Ontwaak!—2010
Ontwaak!—2010
g 7/10 bl. 32

“’n Skatkis vol praktiese lesse”

● “Ons wil graag ons diepe waardering uitspreek vir al die artikels wat julle skryf vir dié van ons wat kinders grootmaak”, het ’n egpaar in New Hampshire, VSA, geskryf. “Ons het ’n vierjarige dogtertjie, Sophia, en dit voel asof ons persoonlike hulp ontvang om lewensbelangrike waarhede gedurende haar vormingsjare in haar verstand en hart in te skerp.”

Hulle brief sê verder: “Die boek Leer by die Groot Onderwyser is ’n skatkis vol praktiese lesse vir ons dogter, om nie eens van ons te praat nie. Die prente in die laaste hoofstuk is die allermooiste illustrasies wat ons nog van die Paradys gesien het! Ons dogtertjie kyk gedurig daarna, en dit help om die Bybel se beloftes vir haar ’n werklikheid te maak.”

Die laaste hoofstuk van Leer by die Groot Onderwyser, met die titel “God se vreedsame nuwe wêreld—Jy kan daarin lewe”, gee ’n pragtige beskrywing van God se beloftes soos dit in sy Woord, die Bybel, gevind word.

Jy kan hierdie boek met 256 bladsye aanvra, wat dieselfde bladsygrootte as hierdie tydskrif het. Vul eenvoudig die bygaande koepon in en pos dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif.

□ Lewer asseblief hierdie boek by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Prent op bladsy 32]

Prent op bladsy 254 van die boek

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel