Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/12 bl. 4-5
  • Grondoorsake van ongeregtigheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Grondoorsake van ongeregtigheid
  • Ontwaak!—2012
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Is daar ’n oplossing vir ongeregtigheid?
  • “Die era van hebsug”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Vermy die strik van hebsug met welslae
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Vermy steeds die strik van gierigheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Kry gierigheid jou soms in sy greep?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 5/12 bl. 4-5

Grondoorsake van ongeregtigheid

BYNA tweeduisend jaar gelede het die Bybel ’n besonder akkurate beskrywing van vandag se samelewing gegee. Dit het gesê “dat daar in die laaste dae kritieke tye sal wees wat moeilik is om deur te kom. Want mense sal liefhebbers van hulleself wees, liefhebbers van geld, . . . ondankbaar, dislojaal, sonder natuurlike geneentheid, nie bereid tot enige ooreenkoms nie, . . . sonder liefde vir die goeie, verraaiers, eiesinnig, opgeblase van trots, liefhebbers van genot eerder as liefhebbers van God.”—2 Timoteus 3:1-4.

Die meeste mense sal saamstem dat hierdie negatiewe eienskappe in ons tyd algemener geword het. Dit kom op baie maniere na vore, onder meer in die vorm van gierigheid, vooroordeel, antisosiale gesindhede, korrupsie en uiterste finansiële ongelykheid. Kom ons kyk een vir een hierna.

GIERIGHEID. Soms hoor ons dalk uitdrukkings soos “gierigheid is gesond” en “gierigheid is goed”. Maar dit is leuens. Gierigheid is skadelik! Gierigheid is byvoorbeeld dikwels die beweegrede vir rekeningkundige bedrog, oneerlike beleggingskemas en die roekelose uitleen en leen van geld. Die gevolge, soos finansiële ineenstorting, het baie mense al skade berokken. Toegegee, baie slagoffers is self gierig. Maar onder hulle is daar ook hardwerkende mense, waarvan party hulle huise en pensioengeld verloor het.

VOOROORDEEL. Bevooroordeelde mense oordeel ander op onregverdige wyse en diskrimineer selfs teen hulle op grond van hulle ras, velkleur, geslag, sosiale status of godsdiens. ’n Komitee van die Verenigde Nasies het byvoorbeeld bevind dat ’n swanger vrou in ’n Suid-Amerikaanse land in ’n hospitaal gesterf het omdat daar in ’n ander fasiliteit teen haar gediskrimineer is op grond van haar ras en sosio-ekonomiese agtergrond. Uiterste vooroordeel het selfs al gelei tot verskriklike onregte, soos etniese suiwering en volksmoord.

ANTISOSIALE GESINDHEDE. ’n Beknopte oorsig van die Handbook of Antisocial Behavior het gesê: “Elke jaar word tienduisende gesinne uitmekaargeskeur, honderdduisende lewens verwoes en eiendom ter waarde van miljoene dollar vernietig as gevolg van antisosiale gedrag. Geweld en aggressie is so kenmerkend van ons samelewing dat dit nie moeilik is om jou voor te stel dat toekomstige geskiedkundiges die laat twintigste eeu nie die ‘ruimte-eeu’ of die ‘inligtingseeu’ sal noem nie, maar die ‘antisosiale eeu’—die tyd toe die samelewing teen homself begin oorlog voer het.” Sedert hierdie boek in 1997 vrygestel is, was daar geen verbetering in mense se gesindhede en gedrag nie.

KORRUPSIE. ’n Verslag oor korrupsie in Suid-Afrika het gesê dat meer as 81 persent van die 25,2 miljard rand wat oor ’n tydperk van sewe jaar aan ’n provinsiale gesondheidsdepartement gegee is, misbruik is. Geld wat “aan die instandhouding van hospitale, klinieke en gesondheidsentrums in die provinsie bestee moes word”, is nooit hiervoor gebruik nie, het die tydskrif The Public Manager gesê.

UITERSTE FINANSIËLE ONGELYKHEID. In 2005 is byna 30 persent van Brittanje se jaarlikse inkomste “verdien deur die top 5% van verdieners”, het ’n verslag in die tydskrif Time gesê. En aan die ander kant van die Atlantiese Oseaan “verdien die top 5% van verdieners in Amerika meer as 33% van dié land se inkomste”, het Time gesê. Omtrent 1,4 miljard mense regoor die wêreld moet met R8,00 of minder per dag klaarkom, en 25 000 kinders sterf elke dag weens armoede.

Is daar ’n oplossing vir ongeregtigheid?

In 1987 het die destydse eerste minister van Australië die doelwit aangekondig dat geen kind in Australië teen 1990 in armoede sou lewe nie. Dit het nooit gebeur nie. Trouens, die eerste minister was later spyt dat hy hierdie doelwit gestel het.

Ja, ongeag hoeveel mag, rykdom of invloed ’n persoon dalk het, hy is nog steeds net ’n mens en kan nie ongeregtigheid uit die weg ruim nie. Selfs magtige mense ly onreg, word oud en sterf. Hierdie werklikhede laat ’n mens dink aan die volgende twee Bybelverse:

“Dit behoort nie aan die mens wat loop om sy voetstappe te rig nie.”—Jeremia 10:23.

“Moenie julle vertroue in edeles stel nie, . . . aan wie geen redding behoort nie.”—Psalm 146:3.

As ons hierdie wyse woorde ter harte neem, sal ons nie teleurgesteld wees wanneer mense se pogings misluk nie. Maar beteken dit dat daar geen hoop is nie? Nee! Soos ons in die laaste artikel van hierdie reeks sal sien, is ’n wêreld waarin daar werklik geregtigheid sal heers, op hande. Intussen is daar egter iets wat ons kan doen. Ons kan onsself ondersoek. Vra jou af: ‘Kan ek regverdiger wees in my handelinge met ander? Is daar sekere opsigte waarin ek kan verbeter?’ Die volgende artikel sal jou help om hierdie vrae te beantwoord.

[Prente op bladsye 4, 5]

A. Polisie in China neem ’n man in hegtenis omdat hy by etniese geweld betrokke was

B. Die plundering en vernietiging van eiendom in Londen, Engeland

C. Volslae armoede in ’n Rwandese vlugtelingkamp

[Erkennings]

Bo links: © Adam Dean/Panos Pictures; bo middel: © Matthew Aslett/Demotix/CORBIS; bo regs: © David Turnley/CORBIS

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel