Vir gesinsbespreking
Wat ontbreek in hierdie prent?
Lees 1 Kronieke 16:1, 2, 4-10. Kyk nou na die prent. Watter dinge is nie daar nie? Skryf jou antwoorde hieronder neer. Voltooi die prent deur die kolletjies te verbind, en kleur dit dan in.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
3. ․․․․․
[Diagram]
(Sien publikasie)
VIR BESPREKING:
Hou Jehovah God daarvan dat musiek en sang deel van ons aanbidding uitmaak? Waarom sê jy so?
LEIDRAAD: Lees 2 Kronieke 5:13, 14; Efesiërs 5:19. Kan jy dink aan ander Bybelverslae waarin sang deel was van ware aanbidding?
LEIDRAAD: Lees Eksodus 15:1-20; Markus 14:26; Handelinge 16:25.
Watter gesindheid kan jou help om vir Jehovah te sing selfs as jy skaam is of dink dat ander beter as jy sing?
LEIDRAAD: Lees Psalm 33:1-3.
GESINSAKTIWITEIT:
Laat elke gesinslid hulle geliefkoosde loflied aan Jehovah kies. Oefen hierdie liedere as ’n gesin totdat julle dit goed ken.
Versamel en leer
Knip uit, vou in die helfte en bêre
BYBEL-KAART 17 JONA
VRAE
A. Jona is gestuur om te gaan preek in ․․․․․, waar meer as ․․․․․ mense gewoon het.
B. Hoe het Jona dapperheid aan die dag gelê om ander te red hoewel hy eers van sy toewysing af weggehardloop het?
C. Voltooi die Bybel se stelling: “Jona [was] drie dae en drie nagte in . . . ”
[Tabel]
4026 VHJ Adam geskep
Het omstreeks 840 VHJ gelewe
1 HJ
98 HJ Laaste Bybelboek geskryf
[Kaart]
Het van Gat-Hefer na Tarsis gevlug
Gat-Hefer
TARSIS
Nineve
JONA
PROFIEL
’n Profeet van Jehovah wat gedurende die bewind van koning Jerobeam II gedien het (2 Konings 14:23-25). Jehovah het Jona geleer om nie op homself te konsentreer nie, maar om besorg te wees oor die behoeftes van ander (Jona 4:6-11). Jona se ondervindinge leer ons dat Jehovah baie geduldig, barmhartig en goedhartig teenoor sondige mense is.
ANTWOORDE
A. Nineve, 120 000.—Jona 1:1, 2; 4:11.
B. Hy het vir die matrose gesê om hom oorboord te gooi sodat die see kon kalmeer.—Jona 1:3, 9-16.
C. “ . . die ingewande van die vis.”—Jona 1:17.
Volke en lande
4. Ons name is Melissa, 9, en Edilo, 7. Ons woon in Kuba. Omtrent hoeveel Getuies van Jehovah is daar in Kuba? Is dit 51 000, 91 000 of 131 000?
5. Watter kolletjie wys waar ons woon? Trek ’n sirkel daarom, maak ’n kolletjie waar jy woon en kyk hoe ver jy van Kuba af is.
A
B
C
D
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
As jy nog afskrifte van “Vir gesinsbespreking” wil druk, kan jy gaan na www.pr2711.com
● “VIR GESINSBESPREKING” se antwoorde is op bladsy 14
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSYE 30 EN 31
1. Tent waarin die Ark was.
2. Harp.
3. Trompet.
4. 91 000.
5. C.