“Die vorige dinge sal nie . . . in die hart opkom nie”
Ons Skepper het geopenbaar wat hy in die nabye toekoms gaan doen. Hy sê:
“Ek skep nuwe hemele en ’n nuwe aarde; en die vorige dinge sal nie onthou word nie, en ook sal dit nie in die hart opkom nie.”—JESAJA 65:17.
Wat is “die vorige dinge” wat nie “in die hart [sal] opkom” nie? Volgens die konteks verwys dit na ongeregtigheid, siekte, lyding en baie ander probleme wat die mensdom teister. Hoe sal hierdie probleme uit die weg geruim word? Die geheim lê in die voorspelde “nuwe hemele” en “nuwe aarde”.
Hierdie interessante terme en die betekenis daarvan sal verduidelik word in die openbare toespraak “Die vorige dinge sal nie . . . in die hart opkom nie”. Die toespraak sal gehou word by die “Bewaak jou hart!”-streekbyeenkomste van Jehovah se Getuies, wat in Suid-Afrika in September sal begin en regoor die wêreld gehou sal word.
Jy word hartlik genooi om die streekbyeenkoms naaste aan jou by te woon. As jy spesifieke besonderhede wil hê, kan jy gerus met Jehovah se Getuies in jou omgewing in verbinding tree of aan die uitgewers van hierdie tydskrif skryf. ’n Lys van waar en wanneer streekbyeenkomste regoor die wêreld gehou sal word, kan op die webwerf www.pr2711.com gevind word.