Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 1 bl. 12-13
  • Leringe wat hoop gee

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Leringe wat hoop gee
  • Ontwaak! – 2021
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • God sal goddelose mense verwyder
  • God sal Satan vernietig
  • God sal ’n einde maak aan siekte en die dood
  • Ons Skepper sal die aarde in ’n paradys verander
  • God sal die dooies weer laat lewe
  • Wat is God se voorneme met die aarde?
    Wat vereis God van ons?
  • Wat is God se voorneme met die aarde?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • ’n Aardse paradys is voor die deur
    Lewe—Hoe het dit hier gekom? Deur evolusie of deur die skepping?
  • Jy kan ’n gelukkige toekoms hê!
    Kennis wat tot die ewige lewe lei
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 1 bl. 12-13
Mense lewe in vrede met diere en het oorgenoeg kos in ’n pragtige paradysomgewing.

Leringe wat hoop gee

God het opwindende veranderinge vir die nabye toekoms belowe. Hy gaan ’n einde maak aan swaarkry en mense ’n gelukkige lewe op die aarde gee (Psalm 37:11). Hoekom kan ons hierdie belofte glo? Want “God is nie ’n mens wat leuens vertel nie” (Numeri 23:19). Kom ons kyk na ’n paar van die goeie dinge wat ons Skepper sal doen.

God sal goddelose mense verwyder

“Wanneer die goddeloses soos onkruid uitspruit en al die mense wat slegte dinge doen, floreer, is dit sodat hulle vir ewig vernietig kan word.” – PSALM 92:7.

Soos ons in die vorige artikel gesien het, word dinge net al hoe erger. Dit verbaas ons nie, want dit was in die Bybel in 2 Timoteus 3:1-5 voorspel dat mense gedurende “die laaste dae” baie sleg sou wees. Die laaste dae van wat? Van hierdie wêreld vol goddelose mense. Binnekort sal God ’n einde maak aan almal wat weier om op te hou om slegte dinge te doen. Dan sal net die goeie mense – dié wat aan God gehoorsaam is – op die aarde oorbly. “Die regverdiges sal die aarde besit, en hulle sal vir ewig daarop lewe.” – Psalm 37:29.

God sal Satan vernietig

“Die God wat vrede gee, sal Satan . . . vergruis.” – ROMEINE 16:20.

Wanneer Satan, die demone en al die slegte mense vernietig is, sal daar uiteindelik vrede op die aarde wees. Ons Skepper belowe: “Niemand sal [julle] bang maak nie.” – Miga 4:4.

God sal ’n einde maak aan siekte en die dood

“Die tent van God is by die mensdom . . . En God sal elke traan van hulle oë afvee, en die dood sal nie meer daar wees nie. Daar sal geen getreur, geen gehuil en geen pyn meer wees nie.” – OPENBARING 21:3, 4.

Swaarkry en siekte sal tot ’n einde kom omdat God al die skade sal herstel wat deur Satan, Adam, Eva en ons eie onvolmaaktheid veroorsaak is. As gevolg hiervan sal selfs ‘die dood nie meer daar wees nie’. Mense wat die Skepper liefhet en aan hom gehoorsaam is, sal vir ewig lewe. Maar waar sal hulle lewe?

Ons Skepper sal die aarde in ’n paradys verander

“Die wildernis en die dorre land sal juig, en die woestyn sal vreugdevol en vol blomme wees.” – JESAJA 35:1.

Wanneer God ’n einde maak aan die goddeloses, sal die aarde ’n paradys word! Dit sal vol pragtige parke en tuine wees, en daar sal oorgenoeg kos wees (Psalm 72:16). Die oseane, mere en riviere sal skoon wees, en dit sal wemel van lewe. Selfs die woord “besoedeling” sal dalk uit ons woordeskat verdwyn! Mense sal hulle eie huise bou en daarin woon. En daar sal nooit weer mense wees wat nie ’n huis het nie of wat honger of arm is nie. – Jesaja 65:21, 22.

God sal die dooies weer laat lewe

‘Daar sal ’n opstanding wees.’ – HANDELINGE 24:15.

Wil jy weer jou geliefdes wat gesterf het, sien? Die almagtige God sal hulle weer laat lewe – met ander woorde ’n opstanding gee – in die Paradys op aarde. Jy sal hulle herken, en hulle sal jou herken. Dink net hoe bly julle almal sal wees! Hoekom kan ons seker wees van hierdie hoop? Omdat die Bybel vir ons voorbeelde gee van volwassenes en kinders wat weer lewend gemaak is en met hulle families verenig is. Boonop het Jesus ook dikwels mense weer lewend gemaak, en baie mense het dit sien gebeur (Lukas 8:49-56; Johannes 11:11-14, 38-44).

Nou is ek regtig gelukkig

“Ek onthou die eerste keer wat ek gehoor het oor ’n paradysaarde sonder swaarkry, siekte en die dood. Ek het by myself gelag en gedink dat dit te goed is om waar te wees! Maar toe ek die Bybel gestudeer het, het ek geleer hoekom ek kan vertrou wat hierdie unieke boek oor die toekoms sê. Ek is oortuig dat die Bybel van God kom. In die verlede het ek dikwels bekommerd en hartseer gelyk. Nou is ek regtig gelukkig. Selfs my familie en vriende kan die verskil in my sien.” – Ravi.

Ravi.

Vind meer uit:

Om meer uit te vind oor die Skepper se doel vir die mens om vir ewig op ’n paradysaarde te lewe, gaan na jw.org en kyk onder BYBELLERINGE > ANTWOORDE OP BYBELVRAE > LEWE EN DIE DOOD.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel