HOE OM STYGENDE PRYSE TE HANTEER
Wees hoopvol
Word dinge in jou land duurder, maar jou inkomste bly dieselfde? Is jy bekommerd oor hoe om vir jouself en jou geliefdes te sorg? As dit die geval is, voel jy dalk dat jou toekoms onseker is. Maar dit kan ons regtig help om hoop te hê, selfs in sulke moeilike omstandighede.
HOEKOM DIT SAAK MAAK
Mense wat hoopvol is, wens nie net vir goeie dinge om te gebeur nie. Hoop motiveer hulle om hulle bes te doen om hulle situasie te verbeter. Byvoorbeeld, studies wys dat mense wat hoopvol is . . .
gewoonlik moeilike situasies beter verduur
meer aanpasbaar is
goeie besluite maak wat hulle help om gesonder te wees en ’n beter lewe te lei
WAT JY KAN DOEN
Eerstens, kyk hoe die Bybel jou vandag kan help. Die Bybel het praktiese wenke wat jou kan help om stygende pryse te hanteer. Hierdie wenke kan jou onder andere help om meer beheer oor jou lewe te kry en beter toegerus te voel om uitdagings in die toekoms te hanteer.
Tweedens, kyk wat die Bybel oor die toekoms sê. Wanneer jy sien hoe wys die raad is wat ons in die Bybel kry, sal jy moontlik meer wil leer oor wat hierdie boek oor die toekoms sê. Byvoorbeeld, jy sal leer dat God nie net wil hê dat jy “’n toekoms en ’n hoop” moet hê nie, maar dat hy ook ’n stewige fondament vir daardie hoop gegee het (Jeremia 29:11). Hierdie fondament is God se Koninkryk.
WAT IS GOD SE KONINKRYK, EN WAT SAL DIT DOEN?
God se Koninkryk is ’n regering wat volle beheer oor die hele aarde sal neem (Daniël 2:44; Matteus 6:10). Dit sal vanuit die hemel regeer en ’n einde maak aan swaarkry en armoede en dit met vrede en oorvloed vervang, soos die volgende tekste wys.
Miljoene mense vertrou hierdie beloftes omdat hulle oortuig is dat God “nie kan lieg nie” (Titus 1:2). So ondersoek die Bybel vir jouself. Die hoop wat dit bied, kan jou help om moeilike tye te verduur en die vertroue te hê dat daar ’n beter toekoms sal wees.