Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jt bl. 12-14
  • Wat glo hulle?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat glo hulle?
  • Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat glo hulle?
    Jehovah se Getuies in die twintigste eeu
  • Studie nommer 10—Die Bybel—eg en waar
    “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”
  • Waarhede wat ons geniet om vir ander te leer
    Wees lief vir mense – Maak dissipels
  • Deel 1: Christelike oortuigings
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
Sien nog
Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?
jt bl. 12-14

Wat glo hulle?

JEHOVAH SE GETUIES glo in die almagtige God, Jehovah, die Skepper van die hemel en die aarde. Die blote bestaan van die ingewikkelde wonders in die heelal om ons dui redelikerwys daarop dat ’n alwyse en almagtige Skepper dit alles gemaak het. Net soos die werke van mans en vroue hulle eienskappe weerspieël, so geld dieselfde ook vir Jehovah God. Die Bybel deel ons mee dat ‘sy onsigbare eienskappe van die wêreld se skepping af duidelik gesien kan word, omdat hulle waargeneem word in die dinge wat gemaak is’. En sonder stem of woorde ‘maak die hemele die heerlikheid van God bekend’.—Romeine 1:20; Psalm 19:1-4.

Mense maak nie erdepotte, televisiestelle en rekenaars sonder ’n doel nie. Die aarde en sy plant- en dierelewe is baie wonderliker. Die samestelling van die menseliggaam met sy biljoene selle gaan ons verstand te bowe—selfs die brein waarmee ons dink, is onbegryplik wonderlik! As mense hulle betreklik nietige uitvindsels met ’n doel voortbring, het Jehovah God tog seker ’n doel met sy ontsagwekkende skeppingswerke! Spreuke 16:4 sê dat dit die geval is: “Alles het Jehovah vir sy voorneme gemaak.”

Jehovah het die aarde met ’n doel gemaak, soos hy aan die eerste mensepaar gesê het: “Wees vrugbaar en word baie en vul die aarde . . . , en julle moet die visse van die see en die vlieënde skepsele van die hemel en al die lewende skepsele wat op die aarde beweeg, in onderworpenheid hê” (Genesis 1:28). Aangesien hierdie egpaar ongehoorsaam geword het, het hulle nie die aarde met regverdige gesinne gevul wat liefdevol vir die aarde en sy plante en diere sou sorg nie. Maar omdat hulle gefaal het, beteken dit nie dat Jehovah se voorneme gefaal het nie. Duisende jare later is daar geskryf: ‘God, die Formeerder van die aarde, het dit nie verniet geskep nie.’ Hy het ‘dit geformeer om bewoon te word’. Dit gaan nie verwoes word nie, want “die aarde bly vir ewig staan” (Jesaja 45:18; Prediker 1:4, AB). Jehovah se voorneme met die aarde sal verwesenlik word: “My besluit sal bly staan, en alles wat my behaag, sal ek doen.”—Jesaja 46:10.

Jehovah se Getuies glo gevolglik dat die aarde vir ewig sal bestaan en dat alle mense, die lewendes en die dooies, vir ewig daarop kan lewe as hulle hulle lewe aanpas by Jehovah se voorneme vir ’n bewoonde aarde wat pragtig opgeknap is. Die hele mensdom het onvolmaaktheid van Adam en Eva geërf en is gevolglik sondaars (Romeine 5:12). Die Bybel sê vir ons: “Die loon wat die sonde betaal, is die dood.” “Die lewendes is daarvan bewus dat hulle sal sterf; maar wat die dooies betref, hulle is van hoegenaamd niks bewus nie.” “Die siel wat sondig—dié sal sterf” (Romeine 6:23; Prediker 9:5; Esegiël 18:4, 20). Hoe kan hulle dan weer lewe om ook die aardse seëninge te geniet? Slegs deur die losprysofferande van Christus Jesus, want hy het gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie geloof in my beoefen, sal lewend word, selfs al sterf hy.” ‘Almal wat in die gedenkgrafte is, sal sy stem hoor en sal uitkom.’—Johannes 5:28, 29; 11:25; Matteus 20:28.

Hoe sal dit gebeur? Dit word verduidelik in “die goeie nuus van die koninkryk”, wat Jesus begin verkondig het terwyl hy op aarde was (Matteus 4:17-23). Maar vandag verkondig Jehovah se Getuies die goeie nuus op ’n baie spesiale wyse.

[Tabel op bladsy 13]

WAT JEHOVAH SE GETUIES GLO

Leerstelling Skriftuurlike rede

Bybel is God se Woord en is 2 Tim. 3:16, 17;

die waarheid 2 Pet. 1:20, 21; Joh. 17:17

Bybel is betroubaarder as Matt. 15:3; Kol. 2:8

oorleweringe

God se naam is Jehovah Ps. 83:18; Jes. 26:4; 42:8, AS;

Eks. 6:3

Christus is God se Seun en is Matt. 3:17; Joh. 8:42; 14:28;

ondergeskik aan Hom 20:17; 1 Kor. 11:3; 15:28

Christus is die eerste van God Kol. 1:15; Op. 3:14

se skeppingswerke

Christus het aan ’n paal Gal. 3:13; Hand. 5:30

gesterf, nie aan ’n kruis nie

Christus se menselewe is as Matt. 20:28; 1 Tim. 2:5, 6;

losprys vir gehoorsame mense 1 Pet. 2:24

betaal

Christus se een offerande was Rom. 6:10; Heb. 9:25-28

voldoende

Christus is as ’n onsterflike 1 Pet. 3:18; Rom. 6:9;

gees- persoon uit die dood Op. 1:17, 18

opgewek

Christus se teenwoordigheid is Joh. 14:19; Matt. 24:3;

in die gees 2 Kor. 5:16; Ps. 110:1, 2

Ons is nou in ‘die tyd van die Matt. 24:3-14; 2 Tim. 3:1-5;

einde’ Luk. 17:26-30

Koninkryk in die hande van Jes. 9:6, 7; 11:1-5;

Christus sal in regverdigheid Dan. 7:13, 14; Matt. 6:10

en vrede oor die aarde regeer Ps. 72:1-4; Op. 7:9, 10,

Koninkryk sal ideale lewens- 13-17; 21:3, 4

toestande op aarde skep

Aarde sal nooit vernietig of Pred. 1:4; Jes. 45:18;

ontvolk word nie Ps. 78:69

God sal die teenswoordige stelsel Op. 16:14, 16; Sef. 3:8;

van dinge in die oorlog by Dan. 2:44; Jes. 34:2;

Armageddon vernietig 55:10, 11

Goddeloses sal vir ewig vernietig Matt. 25:41-46; 2 Tess. 1:6-9

word

Mense wat God se goedkeuring Joh. 3:16; 10:27, 28; 17:3;

wegdra, sal die ewige lewe Mark. 10:29, 30

ontvang

Daar is net een weg na die lewe Matt. 7:13, 14; Ef. 4:4, 5

Mense sterf weens Adam se sonde Rom. 5:12; 6:23

Die mensesiel bestaan nie voort Eseg. 18:4; Pred. 9:10;

ná die dood nie Ps. 6:5; 146:4;

Joh. 11:11-14

Die hel is die mensdom se Job 14:13, Dy;

gemeenskaplike graf Op. 20:13, 14, AV

(kanttekening)

Opstanding is die dooies se hoop 1 Kor. 15:20-22;

Joh. 5:28, 29; 11:25, 26

Adamitiese dood sal ophou 1 Kor. 15:26, 54; Op. 21:4;

Jes. 25:8

Net ’n klein kuddetjie van Luk. 12:32; Op. 14:1, 3;

144 000 gaan hemel toe en 1 Kor. 15:40-53; Op. 5:9, 10

regeer saam met Christus

Die 144 000 word weer gebore as 1 Pet. 1:23; Joh. 3:3;

geestelike seuns van God Op. 7:3, 4

’n Nuwe verbond word met Jer. 31:31; Heb. 8:10-13

geestelike Israel gesluit

Christus se gemeente is op Ef. 2:20; Jes. 28:16;

homself gebou Matt. 21:42

Gebede moet alleenlik tot Joh. 14:6, 13, 14;

Jehovah en deur Christus 1 Tim. 2:5

gedoen word

Beelde mag nie in aanbidding Eks. 20:4, 5; Lev. 26:1;

gebruik word nie 1 Kor. 10:14; Ps. 115:4-8

Spiritisme moet vermy word Deut. 18:10-12; Gal. 5:19-21;

Lev. 19:31

Satan is die onsigbare heerser 1 Joh. 5:19; 2 Kor. 4:4;

van die wêreld Joh. 12:31

’n Christen moet geen deel aan 2 Kor. 6:14-17; 11:13-15;

interkerklike bewegings hê nie Gal. 5:9; Deut. 7:1-5

’n Christen moet afgeskeie van Jak. 4:4; 1 Joh. 2:15;

die wêreld bly Joh. 15:19; 17:16

Gehoorsaam mensewette wat nie Matt. 22:20, 21;

met God se wette bots nie 1 Pet. 2:12; 4:15

Inname van bloed deur mond of Gen. 9:3, 4; Lev. 17:14;

are is ’n skending van God se Hand. 15:28, 29

wette

Bybel se sedewette moet 1 Kor. 6:9, 10; Heb. 13:4;

gehoorsaam word 1 Tim. 3:2; Spr. 5:1-23

Slegs Israel moes die Sabbat Deut. 5:15; Eks. 31:13;

hou, en dit het saam met die Rom. 10:4; Gal. 4:9, 10;

Mosaïese Wet geëindig Kol. 2:16, 17

’n Geestelikeklas en spesiale Matt. 23:8-12; 20:25-27;

titels is onvanpas Job 32:21, 22

Die mens het nie geëvolueer nie, Jes. 45:12; Gen. 1:27;

maar is geskep Matt. 19:4

Christus het die voorbeeld gestel 1 Pet. 2:21; Heb. 10:7;

in hoe God gedien moet word Joh. 4:34; 6:38

Doop deur algehele onderdompeling Mark. 1:9, 10; Joh. 3:23;

simboliseer toewyding Hand. 19:4, 5

Christene getuig met graagte in Rom. 10:10; Heb. 13:15;

die openbaar van skriftuurlike Jes. 43:10-12

waarheid

[Prent op bladsy 12]

DIE AARDE . . . is deur Jehovah geskep . . . , word deur die mens bewaak . . . , sal vir ewig bewoon word

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel