Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jt bl. 25-26
  • Hulle wêreldwye organisasie en werk

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle wêreldwye organisasie en werk
  • Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?
  • Soortgelyke materiaal
  • Hulle wêreldwye organisasie en werk
    Jehovah se Getuies in die twintigste eeu
  • Opsieners wat as herders oor die kudde toesig hou
    Georganiseer om Jehovah se wil te doen
  • Wat word by ’n takkantoor gedoen?
    Wie doen vandag Jehovah se wil?
  • Hoe Jehovah se Getuies georganiseer is
    Wat vereis God van ons?
Sien nog
Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle?
jt bl. 25-26

Hulle wêreldwye organisasie en werk

VERSKEIE skakels word gebruik om die getuieniswerk te organiseer in die meer as 230 lande waar dit gedoen word. Die algemene leiding kom van die Bestuursliggaam by die wêreldhoofkantoor in Brooklyn, New York. Die Bestuursliggaam stuur elke jaar verteenwoordigers na verskillende streke regoor die wêreld om met die takverteenwoordigers in daardie streke te beraadslaag. In die takkantore is daar Takkomitees van ongeveer drie tot sewe lede wat na die werk omsien in die lande waaroor hulle toesig hou. Party van die takkantore het drukfasiliteite, en sommige het snelrotasieperse. Die land of gebied waaroor elke takkantoor toesig hou, is in streke verdeel, en die streke is op hulle beurt in kringe verdeel. Elke kring bestaan uit ongeveer 20 gemeentes. ’n Streekopsiener besoek die kringe in sy streek om die beurt. Elke kring hou jaarliks twee byeenkomste. Daar is ook ’n kringopsiener, en hy besoek elke gemeente in sy kring gewoonlik twee keer per jaar. Gedurende sy besoek help hy die Getuies om die predikingswerk in die gebied wat aan daardie gemeente toegewys is te organiseer en te doen.

Die plaaslike gemeente met sy Koninkryksaal is die sentrum vir die verkondiging van die goeie nuus in julle gemeenskap. Die gebied van elke gemeente word in kleiner dele verdeel. Dit word aan individuele Getuies toegewys, wat probeer om die mense in elke huis in daardie gebied te besoek en met hulle te praat. Elke gemeente, wat uit ’n paar tot sowat 200 Getuies bestaan, het ouer manne wat na verskeie pligte omsien. Die individuele verkondiger van die goeie nuus is onontbeerlik in die organisasie van Jehovah se Getuies. Elkeen van die Getuies, hetsy hy by die wêreldhoofkantoor, by ’n takkantoor of in ’n gemeente dien, doen hierdie veldwerk deur persoonlik vir ander van God se Koninkryk te vertel.

Rapporte van hierdie bedrywigheid bereik uiteindelik die wêreldhoofkantoor, en ’n jaarboek word elke jaar saamgestel en uitgegee. Tabelle met syfers word ook elke jaar in Die Wagtoring van 1 Januarie gepubliseer. Hierdie twee publikasies bevat ’n volledige verslag van wat elke jaar gedoen is om van Jehovah en sy Koninkryk in die hande van Christus Jesus te getuig. In onlangse jare het ongeveer 14 000 000 Getuies en belangstellendes die jaarlikse herdenking van Jesus se dood bygewoon. Jehovah se Getuies spandeer meer as 1 000 000 000 uur per jaar aan die verkondiging van die goeie nuus, en oor die 300 000 nuwelinge word gedoop. Honderdmiljoene stukke lektuur word versprei.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel