Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lv bl. 215-bl. 218 par. 1
  • Bloedfraksies en chirurgiese prosedures

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Bloedfraksies en chirurgiese prosedures
  • ‘Hou julle in God se liefde’
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe God bloed beskou
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Laat jou deur die lewende God lei
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Sien nog
‘Hou julle in God se liefde’
lv bl. 215-bl. 218 par. 1

AANHANGSEL

Bloedfraksies en chirurgiese prosedures

Bloedfraksies. Fraksies word verkry uit die vier primêre bloedkomponente—rooi selle, wit selle, bloedplaatjies en plasma. Byvoorbeeld, rooi selle bevat die proteïen hemoglobien. Produkte wat gemaak word uit die hemoglobien van mense of diere, word gebruik om pasiënte te behandel wat akute bloedarmoede het of baie bloed verloor het.

Plasma—wat 90 persent water is—bevat tientalle hormone, anorganiese soute, ensieme en voedingstowwe, wat minerale en suikers insluit. Plasma bevat ook stollingsfaktore, teenliggaampies wat siektes bestry, en proteïene soos albumien. As iemand aan ’n sekere siekte blootgestel is, sal dokters dalk inspuitings van gammaglobulien voorskryf wat onttrek is uit die plasma van mense wat reeds immuniteit opgebou het. Wit bloedselle kan ’n bron wees van interferons en interleukiene, wat gebruik word om party virusinfeksies en kankers te behandel.

Mag Christene terapieë aanvaar waarin bloedfraksies gebruik word? Die Bybel gee nie spesifieke besonderhede nie; gevolglik moet elkeen sy eie besluit voor God neem in ooreenstemming met sy gewete. Party sal alle fraksies weier omdat hulle redeneer dat God se Wet aan Israel vereis het dat bloed wat uit ’n lewende wese gekom het, “op die grond [uitgegiet]” moet word (Deuteronomium 12:22-24). Ander sal moontlik behandelings aanvaar waarby ’n fraksie betrokke is, terwyl hulle oortappings van heelbloed of die vernaamste komponente daarvan sal weier. Hulle redeneer dalk dat fraksies wat uit bloed onttrek is, op die een of ander stadium nie meer die lewe van die wese waaruit die bloed geneem is, verteenwoordig nie.

Dink aan die volgende vrae wanneer jy ’n besluit neem oor bloedfraksies: Besef ek dat as ek alle bloedfraksies weier, dit beteken dat ek sekere geneesmiddels nie sal aanvaar nie, wat produkte insluit wat siektes bestry of wat die bloed kan help stol om bloeding te stop? Kan ek aan ’n dokter verduidelik waarom ek een of meer bloedfraksies weier of aanvaar?

Chirurgiese prosedures. Dit sluit bloedverdunning en selherwinning in. In bloedverdunning word bloed uit die liggaam gelei, met ’n volume-uitdyer vervang en later na die pasiënt teruggevoer. By selherwinning word bloed wat tydens ’n operasie verloor word, opgevang en teruggevoer. Bloed word uit ’n wond of liggaamsholte herwin, dit word gewas of gefiltreer en dan na die pasiënt teruggevoer. Omdat dokters hierdie tegnieke op verskillende maniere toepas, moet ’n Christen uitvind wat sy dokter in gedagte het.

Wanneer jy besluite oor hierdie prosedures moet neem, vra jou af: ‘As van my bloed uit my liggaam gelei word en die vloei dalk selfs ’n ruk lank onderbreek word, sou my gewete my toelaat om hierdie bloed nog as deel van my te beskou, wat nie sal vereis dat dit “op die grond [uitgegiet]” moet word nie? (Deuteronomium 12:23, 24). Sou dit my Bybelopgeleide gewete kwel as van my eie bloed gedurende ’n mediese prosedure getrek, gewysig en dan weer in my liggaam teruggesit word? Besef ek dat as ek alle mediese prosedures weier waartydens my eie bloed gebruik word, dit beteken dat ek nie sal toestemming gee vir ’n bloedtoets, hemodialise of die gebruik van ’n hart-long-masjien nie?’

’n Christen moet self besluit hoe hy sal toelaat dat sy eie bloed gedurende ’n chirurgiese prosedure hanteer word. Dit geld ook vir mediese toetse en huidige terapieë wat behels dat ’n bietjie van ’n mens se eie bloed getrek word, dat dit moontlik op die een of ander manier gewysig word en dan weer teruggesit word.

VOORGESTELDE VRAE VIR DIE DOKTER

As jy ’n operasie of behandeling gaan kry waarby ’n bloedproduk betrokke kan wees, moet jy seker maak dat jy die gepaste wetlike dokumente ingevul het, soos ’n gesondheidsorgvolmag (of ’n Durable Power of Attorney-kaart [DPA]), wat bedoel is om jou teen ’n bloedoortapping te beskerm. Daarbenewens kan jy jou dokter die volgende vrae vra:

  • Weet al die betrokke mediese personeel dat ek, as een van Jehovah se Getuies, wil hê dat geen bloedoortappings (heelbloed, rooi selle, wit selle, bloedplaatjies of bloedplasma) onder enige omstandighede aan my toegedien word nie?

  • As enige aanbevole geneesmiddel bloedfraksies bevat, waaruit is dit saamgestel? Hoeveel van hierdie geneesmiddel sal dalk toegedien word, en op watter manier?

  • As my gewete my toelaat om ’n bloedfraksie te aanvaar, watter mediese risiko’s is daaraan verbonde? Watter alternatiewe terapieë is beskikbaar?

Nader Jehovah in gebed voordat jy ’n besluit neem oor enige van bogenoemde sake. Hy belowe om die nodige wysheid te gee aan almal wat ‘aanhou om in geloof daarvoor te vra’.—Jakobus 1:5, 6.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel