Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • yp1 hfst. 39 bl. 282-286
  • Hoe kan ek my doelwitte bereik?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan ek my doelwitte bereik?
  • Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ✔ 3 TREE OP!
  • Hoe kan ek my doelwitte bereik?
    Ontwaak!—2010
  • 12 Doelwitte
    Ontwaak! — 2018
  • Jongmense—streef verdienstelike doelwitte na
    Ons Koninkryksbediening—1987
  • Hoe om jou geestelike doelwitte te bereik
    Ons Koninkryksbediening—2006
Sien nog
Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
yp1 hfst. 39 bl. 282-286

Hoofstuk 39

Hoe kan ek my doelwitte bereik?

Wat wil jy graag hê?

□ Meer selfvertroue

□ Meer vriende

□ Groter geluk

EINTLIK kan jy al drie kry! Hoe? Deur doelwitte te stel en dit te bereik. Kyk na die volgende:

Meer selfvertroue. Wanneer jy klein doelwitte stel en dit bereik, sal jy die selfvertroue hê om groter doelwitte te stel. Jy sal ook uitdagings waarvoor jy van dag tot dag te staan kom—soos portuurdruk—met groter selfvertroue die hoof kan bied.

Meer vriende. Mense geniet die geselskap van persone wat redelike doelwitte vir hulleself stel—wat weet wat hulle wil hê en bereid is om daarvoor te werk.

Groter geluk. Een ding is seker: Dit is nie lekker om verveeld te wees of om te wag dat jou lewe interessant word nie. Maar as jy doelwitte stel en dit bereik, sal jy ’n gevoel van tevredenheid ondervind. Is jy gereed om te begin? Die volgende bladsye sal jou help!a

✔ 1 IDENTIFISEER JOU DOELWITTE

1. Dink aan moontlike doelwitte. Geniet hierdie stap! Moenie alles nou ontleed nie; skryf net soveel idees neer as wat jy kan. Kyk of jy met ten minste 10 moontlikhede vorendag kan kom.

2. Evalueer jou idees. Watter idees lyk die opwindendste? Watter bied die grootste uitdaging? Watter sal jy baie trots voel om te bereik? Onthou, die beste doelwitte is dikwels dié wat vir jou die meeste beteken.

3. Besluit watter die belangrikste is. Nommer jou doelwitte in die volgorde waarin jy dit wil bereik.

✔ 2 BEPLAN

Doen die volgende in die geval van elke doelwit wat jy gekies het:

Skryf jou doelwit neer.

Leer Portugees vir my vakansie in Mosambiek

Kies ’n sperdatum. Sonder ’n sperdatum is ’n doelwit maar net ’n droom!

1 Julie

Beplan watter stappe dit gaan behels.

Stappe

1. Kry ’n taalgids.

2. Leer elke week tien nuwe woorde.

3. Luister wanneer ander mense Portugees praat.

4. Vra iemand of my grammatika en uitspraak reg is.

Dink aan moontlike struikelblokke. Dink dan aan hoe jy dit sal oorkom.

Moontlike struikelblokke

Niemand in die omgewing praat Portugees nie

Wees vasbeslote. Belowe jouself dat jy jou bes sal doen om hierdie doelwit te bereik. Teken dit nou en skryf die datum neer.

Hoe ek dit kan oorkom

Laai Portugese oudio-opnames af van www.pr2711.com.

․․․․․ ․․․․․

Handtekening Datum

✔ 3 TREE OP!

Begin onmiddellik. Vra jou af: ‘Wat kan ek vandag doen wat my sal help om my doelwit te bereik?’ Jy het dalk nog nie elke besonderheid uitgewerk nie, maar moenie dat dit jou terughou nie. Die Bybel sê: “As jy wag totdat die wind en die weer net reg is, sal jy nooit iets plant en nooit iets oes nie” (Prediker 11:4, Today’s English Version). Kyk wat jy vandag kan doen—al is dit iets kleins—en doen dit.

Hersien jou doelwitte elke dag. Dink aan die rede waarom elke doelwit vir jou belangrik is. Hou boek van jou vordering deur ’n ✔ te maak (of die datum neer te skryf) langs elke stap wanneer jy dit voltooi het.

Gebruik jou verbeelding. Stel jou voor dat jy jou doelwit bereik. Kan jy jou indink hoe tevrede jy sal voel? Dink dan terug aan elke stap en visualiseer dit. Sien hoe jy elke stap voltooi, en stel jou voor hoe goed jy sal voel wanneer jy jou doelwit bereik. Spring dan weg!

[Voetnoot]

a Hierdie wenke is hoofsaaklik van toepassing op korttermyndoelwitte, maar die beginsels geld ook vir langtermyndoelwitte.

SLEUTELTEKSTE

“Die planne van die vlytige lei gewis tot voordeel.”—Spreuke 21:5.

WENK

Moenie voel dat jy streng by ’n plan moet bly nie. Wees aanpasbaar, en maak aanpassings terwyl jy jou doelwit probeer bereik.

HET JY GEWEET . . . ?

Hoe groter die doelwit, hoe groter die gevoel van tevredenheid wanneer jy dit bereik!

WAT DINK JY?

● Is dit moontlik om te veel doelwitte op ’n slag te hê?—Filippense 1:10.

● Dink jy dat elke minuut van jou lewe beplan moet wees as jy doelwitte het?—Filippense 4:5.

[Lokteks op bladsy 283

Dis maklik om mismoedig te raak as jy nie doelwitte het nie of niks het om na uit te sien nie. Maar wanneer jy doelwitte stel en dit bereik, voel jy goed oor jouself.’’—Reed

[Venster/Prent op bladsy 283]

Voorbeelde van doelwitte

Vriendskap Maak vriende met iemand buite my ouderdomsgroep. Hervat ’n ou vriendskap.

Gesondheid Oefen elke week altesaam 90 minute. Kry elke aand agt uur se slaap.

Skool Kry beter punte in wiskunde. Neem standpunt in vir wat reg is wanneer druk op my uitgeoefen word om iets te doen wat verkeerd is.

Geestelikheid Lees die Bybel 15 minute elke dag. Vertel hierdie week ’n klasmaat van my geloof.

[Prent op bladsye 284, 285]

Doelwitte is soos bouplanne—inspanning is nodig om dit ’n werklikheid te laat word

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel