-
Watter soort mense is Jehovah se Getuies?Wie doen vandag Jehovah se wil?
-
-
LES 1
Watter soort mense is Jehovah se Getuies?
Denemarke
Taiwan
Venezuela
Indië
Hoeveel Getuies van Jehovah ken jy? Party van ons is dalk jou bure, werksmaats of klasmaats. Of ons het miskien al Bybelbesprekings met jou gehad. Wie is ons werklik, en waarom praat ons in die openbaar oor ons godsdiensoortuigings?
Ons is gewone mense. Ons kom uit verskillende agtergronde en sosiale omstandighede. Sommige van ons het voorheen ’n ander godsdiens beoefen, terwyl ander nie aan God geglo het nie. Maar voordat ons Getuies geword het, het ons almal die tyd geneem om die leringe van die Bybel noukeurig te ondersoek (Handelinge 17:11). Ons het saamgestem met wat ons geleer het, en toe het ons persoonlik besluit om Jehovah God te aanbid.
Ons vind daarby baat om die Bybel te bestudeer. Soos alle ander mense, het ons met probleme en ons eie swakhede te kampe. Maar deur Bybelbeginsels in ons daaglikse lewe te probeer toepas, het ons ’n aansienlike verbetering in ons lewensgehalte ondervind (Psalm 128:1, 2). Dit is een rede waarom ons ander vertel van die goeie dinge wat ons uit die Bybel geleer het.
Ons lewe volgens goddelike waardes. Hierdie waardes, wat in die Bybel gevind word, bevorder welsyn asook respek vir ander, sowel as eienskappe soos eerlikheid en goedhartigheid. Dit help om gesonde en produktiewe lede van die gemeenskap voort te bring, en dit bevorder gesinseenheid en sedelikheid. Ons is oortuig dat “God nie partydig is nie” en is dus deel van ’n geestelike broederskap wat werklik internasionaal is, vry van rasse- en politieke skeidsmure. Hoewel ons gewone mense is, maak ons ’n unieke volk uit.—Handelinge 4:13; 10:34, 35.
Wat het Jehovah se Getuies met ander mense in gemeen?
Watter waardes het die Getuies uit hulle studie van die Bybel geleer?
-
-
Waarom word ons Jehovah se Getuies genoem?Wie doen vandag Jehovah se wil?
-
-
LES 2
Waarom word ons Jehovah se Getuies genoem?
Noag
Abraham en Sara
Moses
Jesus Christus
Baie mense dink dat Jehovah se Getuies die naam van ’n nuwe godsdiens is. Maar meer as 2 700 jaar gelede is die knegte van die enigste ware God sy “getuies” genoem (Jesaja 43:10-12). Tot 1931 het ons as Bybelstudente bekend gestaan. Waarom het ons die naam Jehovah se Getuies aangeneem?
Dit identifiseer ons God. Volgens ou manuskripte kom God se naam, Jehovah, duisende kere in die Bybel voor. In baie vertalings is hierdie naam met titels, soos Here of God, vervang. Maar die ware God het hom deur middel van sy persoonlike naam, Jehovah, aan Moses geopenbaar en gesê: “Dit is my naam tot onbepaalde tyd” (Eksodus 3:15). Só het hy hom van alle valse gode onderskei. Ons is trots om God se heilige naam te dra.
Dit beskryf ons toewysing. ’n Lang lyn van mense uit die ou tyd, van wie die regverdige man Abel die eerste was, het van hulle geloof in Jehovah getuig. Deur die eeue heen het Noag, Abraham, Sara, Moses, Dawid en ander by hierdie groot “wolk van getuies” aangesluit (Hebreërs 11:4–12:1). Net soos iemand in die hof vir ’n onskuldige persoon kan getuig, is ons vasbeslote om die waarheid omtrent ons God bekend te maak.
Ons volg Jesus na. Die Bybel noem hom “die getroue en waaragtige getuie” (Openbaring 3:14). Jesus het self gesê dat hy ‘God se naam bekend gemaak het’ en bly ‘getuig het van die waarheid’ omtrent God (Johannes 17:26; 18:37). Christus se ware volgelinge moet dus Jehovah se naam dra en dit bekend maak. Jehovah se Getuies beywer hulle om dit te doen.
Waarom het die Bybelstudente die naam Jehovah se Getuies aangeneem?
Hoe lank het Jehovah al getuies op die aarde?
Wie is die grootste Getuie van Jehovah?
-
-
Hoe is Bybelwaarheid herontdek?Wie doen vandag Jehovah se wil?
-
-
LES 3
Hoe is Bybelwaarheid herontdek?
Bybelstudente, 1870’s
Eerste nommer van Die Wagtoring, 1879
Die Wagtoring vandag
Die Bybel het voorspel dat valse onderrigters ná Christus se dood onder die vroeë Christene sou opstaan en Bybelwaarheid sou verdraai (Handelinge 20:29, 30). Dit is presies wat later gebeur het. Hulle het Jesus se leringe met heidense godsdiensidees vermeng, en ’n valse vorm van die Christelike godsdiens het ontstaan (2 Timoteus 4:3, 4). Hoe kan ons seker wees dat ons vandag ’n juiste begrip het van wat die Bybel werklik leer?
Die tyd het aangebreek vir Jehovah om die waarheid te openbaar. Hy het voorspel dat ‘die ware kennis gedurende die tyd van die einde oorvloedig sal word’ (Daniël 12:4). In 1870 het ’n groepie waarheidsoekers besef dat baie kerkleerstellings nie Bybels is nie. Hulle het dus ’n poging begin aanwend om die Bybel se oorspronklike leringe te verstaan, en Jehovah het hulle met geestelike insig geseën.
Opregte mense het die Bybel noukeurig bestudeer. Hierdie ernstige Bybelstudente, ons voorgangers, het ’n studiemetode gevolg wat ons vandag nog gebruik. Hulle het die Bybel onderwerp vir onderwerp bespreek. Wanneer hulle op ’n Skrifgedeelte afgekom het wat moeilik is om te verstaan, het hulle ander verse gesoek wat dit verklaar. Wanneer hulle tot ’n gevolgtrekking gekom het wat met die res van die Skrif ooreenstem, het hulle dit neergeskryf. Deur die Bybel toe te laat om homself uit te lê, het hulle die waarheid oor God se naam en sy Koninkryk, sy voorneme vir die mensdom en die aarde, die toestand van die dooies en die opstandingshoop herontdek. Hulle soeke het hulle bevry van ’n menigte valse opvattings en gebruike.—Johannes 8:31, 32.
Teen 1879 het die Bybelstudente onderskei dat die tyd aangebreek het om die waarheid oral bekend te maak. In daardie jaar het hulle dus die tydskrif begin druk wat ons vandag nog uitgee, Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan. Nou verkondig ons Bybelwaarhede aan mense in meer as 240 lande en in meer as 750 tale. Nog nooit tevore was ware kennis so oorvloedig nie!
Wat het ná die dood van Christus met Bybelwaarheid gebeur?
Wat het ons in staat gestel om die waarheid van God se Woord te herontdek?
-
-
Waarom het ons die Nuwe Wêreld-vertaling uitgegee?Wie doen vandag Jehovah se wil?
-
-
LES 4
Waarom het ons die Nuwe Wêreld-vertaling uitgegee?
Kongo (Kinshasa)
Rwanda
Symmachus-fragment wat die goddelike naam in Psalm 69:31 bevat, derde of vierde eeu HJ
Jehovah se Getuies het dekades lank verskillende Bybelvertalings gebruik, gedruk en versprei. Maar toe het ons gesien dat dit nodig is om ’n nuwe vertaling uit te gee wat dit vir mense makliker sou maak om die “juiste kennis van die waarheid” te leer, wat God se wil vir almal is (1 Timoteus 2:3, 4). In 1950 het ons dus dele van ons Bybel in moderne Engels, die New World Translation, begin vrystel. Hierdie Bybel is getrou en akkuraat in meer as 120 tale vertaal.
’n Bybel was nodig wat maklik is om te verstaan. Tale verander met verloop van tyd, en baie vertalings bevat onduidelike of verouderde uitdrukkings wat moeilik is om te verstaan. Boonop is ou manuskripte wat akkurater en nader aan die oorspronklikes is, ontdek, wat ’n beter begrip van Bybelse Hebreeus, Aramees en Grieks tot gevolg gehad het.
’n Vertaling was nodig wat lojaal is aan God se woord. Bybelvertalers moet hulle nie vryhede met God se geïnspireerde geskrifte veroorloof nie, maar moet eerder getrou wees aan die oorspronklike teks. In die meeste vertalings word die goddelike naam, Jehovah, egter nie in die Heilige Skrif gebruik nie.
’n Bybel was nodig wat erkenning verleen aan sy Outeur (2 Samuel 23:2). Jehovah se naam is in die Nuwe Wêreld- vertaling herstel waar dit ongeveer 7 000 keer in die oudste Bybelmanuskripte voorkom, soos in die voorbeeld hieronder gesien kan word (Psalm 83:18). Hierdie Bybel—die produk van jare van nougesette navorsing—is ’n genot om te lees, aangesien dit God se denke duidelik oordra. Of jy die Nuwe Wêreld-vertaling in jou taal het of nie, ons spoor jou aan om die goeie gewoonte aan te kweek om Jehovah se Woord elke dag te lees.—Josua 1:8; Psalm 1:2, 3.
Waarom het ons besluit dat ’n nuwe vertaling van die Bybel nodig is?
Watter daaglikse gewoonte is voordelig vir enigiemand wat wil leer wat God se wil is?
-