Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • rr bl. 10
  • Wat is aanbidding?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is aanbidding?
  • Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
  • Soortgelyke materiaal
  • Dit maak Christene gelukkig om te dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
  • Ware aanbidding sal jou gelukkiger maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2022
  • Volg Jesus na—Aanbid God op aanneemlike wyse
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2008
  • Heilige diens in hierdie “tyd van die einde”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
Sien nog
Rein aanbidding van Jehovah – Uiteindelik herstel!
rr bl. 10
’n Gesin hou gesinsaanbidding

ONDERRIGTINGSVENSTER 1A

Wat is aanbidding?

Een definisie van aanbidding is “die betoning van respek en liefde vir ’n god”. Die woorde wat in die Bybel as “aanbid” of “aanbidding” vertaal word, kan in die oorspronklike tale die gedagte oordra van iemand wat diep respek betoon of onderdanig is aan iets of iemand (Matt. 28:9). Hierdie woorde kan ook verwys na iets wat iemand doen om God of ’n god te eer (Joh. 4:23, 24). Die konteks bepaal hoe die woorde verstaan moet word.

Net Jehovah, die Skepper en Universele Soewerein, verdien ons uitsluitlike toegewydheid (Op. 4:10, 11). Ons aanbid Jehovah deur respek te toon vir sy soewereiniteit, of sy reg om te regeer, en deur sy naam te eer (Ps. 86:9; Matt. 6:9, 10). Hierdie twee temas – Jehovah se soewereiniteit en sy naam – kom baie voor in die boek Esegiël. Die uitdrukking “Soewereine Heer Jehovah” word 217 keer in Esegiël alleen gebruik, en die woorde “weet dat ek Jehovah is” word 55 keer gebruik. – Eseg. 2:4; 6:7.

Maar ons aanbidding is nie net ’n gevoel nie. Ware aanbidding behels dat ons iets moet doen (Jak. 2:26). Wanneer ons ons lewe aan Jehovah toewy, belowe ons dat ons hom in elke aspek van ons lewe as ons Soewerein sal gehoorsaam en die diepste respek vir sy naam sal toon. Onthou, in Jesus se antwoord op die derde versoeking het hy aanbidding met “heilige diens” verbind (Matt. 4:10, vtn.). As aanbidders van Jehovah wil ons hom graag diena (Deut. 10:12). Ons doen heilige diens vir Jehovah wanneer ons dinge doen wat direk verband hou met ons aanbidding en wat vereis dat ons selfopofferend moet wees. Watter dinge is dit?

Collage: Heilige diens. 1. ’n Suster gee ’n antwoord by ’n vergadering. 2. Broers en susters maak die byeenkomsterrein skoon

Daar is baie vorme van heilige diens, en Jehovah waardeer dit alles. Ons doen heilige diens wanneer ons vir ander preek, by die Koninkryksaal aan die vergaderinge deelneem en wanneer ons vergaderplekke bou, in stand hou en skoonmaak. En ons doen ook heilige diens wanneer ons deelneem aan gesinsaanbidding, ons broers help wat hulp nodig het, as vrywilligers by byeenkomste dien of by Bethel dien (Heb. 13:16; Jak. 1:27). Wanneer rein aanbidding die belangrikste in ons verstande en harte is, sal ons “dag en nag heilige diens” doen. Ons geniet dit om ons God, Jehovah, te aanbid! – Op. 7:15.

Gaan terug na hoofstuk 1, paragraaf 9

a Een van die Hebreeuse woorde wat die gedagte van aanbidding kan oordra, beteken ook “dien”. Aanbidding sluit dus diens in. – Eks. 3:12, vtn.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel