Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w91 6/1 bl. 8-9
  • Jesus voltooi alles wat God vra

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus voltooi alles wat God vra
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Soortgelyke materiaal
  • Jesus voltooi alles wat God vra
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Hoe die terugweg na die Paradys gebaan is
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Die herstelde Paradys verheerlik God
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Jesus maak die aarde ’n paradys en voltooi sy toewysing
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
w91 6/1 bl. 8-9

Jesus se lewe en bediening

Jesus voltooi alles wat God vra

WAT ’n rede tot vreugde sal dit tog wees wanneer die Stryderkoning Jesus Christus Satan en sy onregverdige wêreld uit die weg ruim! Die vreedsame Duisendjarige Heerskappy van Jesus begin uiteindelik!

Onder die leiding van Jesus en sy mede-konings sal die oorlewendes van Armageddon die puinhope opruim wat deur daardie regverdige oorlog agtergelaat is. Aardse oorlewendes sal waarskynlik ook ’n tyd lank kinders voortbring, en hulle sal deelneem aan die genotvolle werk om die aarde in ’n wonderlike parkagtige tuin te omskep.

Mettertyd sal Jesus tallose miljoene uit hulle grafte te voorskyn bring om die lewe in hierdie pragtige Paradys te geniet. Hy sal dit ter vervulling van sy eie waarborg doen: “Daar kom ’n uur wanneer almal wat in die grafte is . . . sal uitgaan.”

Die gewese kwaaddoener wat langs Jesus aan die folterpaal gesterf het, sal onder diegene wees wat deur Jesus opgewek is. Onthou dat Jesus hom belowe het: “Voorwaar, ek sê vir jou vandag: Jy sal saam met my in die Paradys wees” (NW). Nee, daardie man sal nie hemel toe geneem word om as ’n koning saam met Jesus te regeer nie, en Jesus sal ook nie weer ’n mens word en op die Paradysaarde saam met hom leef nie. Jesus sal eerder saam met die gewese kwaaddoener wees in die sin dat Hy hom tot lewe in die Paradys sal opwek en sal toesien dat sy behoeftes, fisies en geestelik, bevredig word, soos dit op hierdie bladsy geïllustreer word.

Dink net daaraan! Onder Jesus se liefdevolle sorg sal die hele mensegeslag—Armageddon-oorlewendes, hulle kinders en die duisendmiljoene verresenes wat hom gehoorsaam—tot menslike volmaaktheid groei. Jehovah sal, deur middel van sy koninklike Seun, Jesus Christus, in geestelike sin by die mensdom wees. “En”, soos die stem wat Johannes uit die hemel hoor sê het: “God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en moeite sal daar nie meer wees nie.” Niemand op aarde sal ly of siek wees nie.

Teen die einde van Jesus se Duisendjarige Heerskappy sal die situasie ooreenstem met God se oorspronklike voorneme toe hy vir die eerste mensepaar, Adam en Eva, gesê het om te vermeerder en die aarde te vul. Ja, die aarde sal met ’n regverdige geslag volmaakte mense gevul wees. Dit is omdat die voordele van Jesus se soenoffer ten behoewe van almal aangewend word. Die dood as gevolg van Adam se sonde, sal nie meer daar wees nie!

Jesus sal gevolglik alles volbring het wat Jehovah hom gevra het. Daarom sal hy die Koninkryk en die volmaakte mensegeslag aan die einde van die duisend jaar aan sy Vader oorhandig. God sal Satan en sy demone dan uit die afgrond van doodse onbedrywigheid loslaat. Met watter doel?

Wel, teen die einde van die duisend jaar sal die meeste van diegene wat in die Paradys lewe verresenes wees wie se geloof nooit getoets is nie. Voordat hulle gesterf het, het hulle nooit God se beloftes geken nie en kon hulle dus nie geloof daarin stel nie. Toe, nadat hulle opgewek is en Bybelwaarhede geleer is, was dit vir hulle maklik om God sonder teenstand in die Paradys te dien. Maar sou hulle onder beproewing lojaal bly as Satan die geleentheid gebied word om hulle te probeer verhoed om God te dien? Om hierdie vraag te beantwoord, sal Satan losgelaat word.

Die openbaring wat aan Johannes gegee is, toon dat Satan ná Jesus se Duisendjarige Heerskappy daarin sal slaag om ’n onbepaalde getal mense te kry wat hulle van die aanbidding van God sal afwend. Maar dan, wanneer die finale toets verby is, sal Satan, sy demone en almal wat hy mislei het vir ewig vernietig word. Die lojale oorlewendes wat ten volle getoets is, sal daarenteen lewe om die seëninge van hulle hemelse Vader vir ewig te geniet.

Dit is duidelik dat Jesus ’n belangrike rol gespeel het, en steeds sal speel, om God se glorieryke voornemens te volbring. Wat ’n wonderlike toekoms kan ons tog geniet as gevolg van alles wat hy as God se groot hemelse Koning volbring! Tog kan ons nie alles vergeet wat hy gedoen het terwyl hy ’n mens was nie.

Jesus het gewillig aarde toe gekom en ons van sy Vader geleer. Daarbenewens was hy die toonbeeld van God se kosbare eienskappe. Ons harte word geraak wanneer ons sy verhewe moed en manlikheid, sy ongeëwenaarde wysheid, sy voortreflike vermoë as onderrigter, sy vreeslose leierskap en sy tere medelye en empatie in ag neem. Wanneer ons dink aan die onbeskryflike lyding wat hy verduur het toe hy die losprys voorsien het, wat die enigste manier is waardeur ons die lewe kan kry, word ons harte met waardering gevul!

Waarlik, wat ’n mens het ons in hierdie bestudering van Jesus se lewe leer ken! Sy grootsheid is duidelik en oorweldigend. Ons word beweeg om die woorde van die Romeinse goewerneur Pontius Pilatus te herhaal: “Dáár is die mens!”

As ons die voorsiening van sy losprysofferande aanvaar, kan die las van die sonde en die dood wat ons van Adam geërf het van ons verwyder word, en Jesus kan ons “Ewige Vader” word. Almal wat die ewige lewe sal kry, moenie net kennis inneem van God nie, maar ook van sy Seun, Jesus Christus. Ons hoop dat jy, toe jy hierdie reeks artikels oor Jesus se lewe en bediening gelees en bestudeer het, gehelp is om sulke lewegewende kennis in te neem! 1 Johannes 2:17; 1:7; Johannes 5:28, 29; 3:16; 17:3; 19:5; Lukas 23:43; Genesis 1:28; 1 Korinthiërs 15:24-28; Openbaring 20:1-3, 6-10; 21:3, 4; Jesaja 9:6.

◆ Watter vreugdevolle voorreg sal die Armageddon-oorlewendes en hulle kinders geniet?

◆ Wie behalwe die Armageddon-oorlewendes en hulle kinders sal ook die lewe in die Paradys geniet, en in watter sin sal Jesus met hulle wees?

◆ Wat sal die situasie aan die einde van die duisend jaar wees, en wat sal Jesus dan doen?

◆ Waarom sal Satan uit die afgrond losgelaat word, en wat sal uiteindelik met hom en almal wat hom volg, gebeur?

◆ Hoe kan Jesus ons “Ewige Vader” word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel