Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w00 4/1 bl. 32
  • ’n Spesiale geleentheid—Sal jy daar wees?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Spesiale geleentheid—Sal jy daar wees?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
w00 4/1 bl. 32

’n Spesiale geleentheid—Sal jy daar wees?

OP ’N betekenisvolle dag meer as 3 500 jaar gelede het Jehovah God elke huishouding van die Israeliete wat slawe in Egipte was, beveel om ’n lam of ’n bok te slag en die bloed op die deurposte en bo-drumpels van hulle huise te smeer. Daardie selfde nag het God se engel die huise oorgeslaan wat so gemerk was, maar die eersgebore seuns in die huise van al die Egiptenaars doodgemaak. Die Israeliete is toe bevry. Die Jode het die Pasga ter herdenking van daardie gebeurtenis gevier.

Onmiddellik nadat Jesus Christus sy laaste Pasga saam met sy apostels gevier het, het hy ’n Gedenkmaal ingestel wat sy offerdood sou herdenk. Hy het ongesuurde brood aan sy apostels gegee en gesê: “Neem, eet. Dit beteken my liggaam.” Toe het hy aan hulle ’n beker wyn gegee en gesê: “Drink almal daaruit; want dit beteken my ‘bloed van die verbond’, wat ten behoewe van baie uitgestort gaan word tot vergifnis van sondes.” Jesus het ook gesê: “Hou aan om dit tot my gedagtenis te doen” (Matteus 26:26-28; Lukas 22:19, 20). Jesus het dus sy volgelinge beveel om sy dood te herdenk.

Hierdie jaar val die herdenking van Jesus se dood op Woensdag, 19 April, ná sononder. Jehovah se Getuies regoor die wêreld sal op hierdie spesiale aand bymekaarkom om die Gedenkmaal te vier op die manier wat Jesus beveel het. Jy word hartlik uitgenooi om dit saam met ons as waarnemers by te woon. Vind gerus by Jehovah se Getuies in jou omgewing uit presies waar en wanneer die vergadering gehou sal word.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel