Gawes wat in Jehovah se oë kosbaar is
Die takkantoor van Jehovah se Getuies in Mosambiek het die volgende brief ontvang:
“Ek is ’n sewejarige seun. Ek is nog in die laerskool. Ek stuur vir julle hierdie geld wat ek verdien het nadat ek ’n kuiken grootgemaak het. Ek het hom vir 12 000 Meticals [R6] verkoop. Ek is baie bly dat Jehovah my eerste kuiken ’n groot hoenderhaan laat word het. Ek wil graag hê dat my bydrae vir Jehovah se Koninkrykswerk gebruik moet word.
“Ns.: My pa het my gehelp om hierdie brief te skryf.”
Party mense assosieer vrygewigheid met diegene wat ’n oorvloed materiële dinge het. Maar wanneer ons die Bybelverslag lees van die weduwee wat “twee muntstukkies van baie min waarde” in die skatkis gegooi het, verstaan ons dat vrygewigheid nie aan die hoeveelheid gemeet word nie, maar aan die regte hartstoestand.—Lukas 21:1-4.
Jehovah waardeer elke gawe, ongeag hoe klein, wat uit ’n hart vol liefde kom. En hy seën diegene ryklik wat sy vrygewigheid navolg deur van hulle tyd, energie of materiële middele ten behoewe van sy Koninkryk te gee.—Matteus 6:33; Hebreërs 6:10.